Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -26 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -42 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -43 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Tue, 07/05/2019 - 08:10

Baie dankie

Oom Johann moenie spot nie, ek het so ruk terug 'n nagmerrie gehad waar hulle die hek oop breek, my kar steel en die wa nadat ek als klaar en reg het. Ek het daai volgende oggend baie vinnig uit gehardloop om te kyk dat die wa nog daar staan. laugh

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 07/05/2019 - 08:41

Dankie Oom

Die buitekant se verf gaan nog 'n jaar wag. sad Ek gaan nou einde Julie eers bande moet doen met die bonus, ek wou nou maar ons budget laat dit glad nie nou toe nie.

0

Die spray kos paar rand. 2K verf om my wa te verf omtrent R2000. Dan die groot problem is om tydelike spraybooth te bou wat groot genoeg is en dan heater huur om plek warm te maak.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 09:35

Miskien moet ek die 3B met 'n spons roller enamel verf, dan het ek nie nodig om hom so mooi af te skuur nie ?

Nico,  Die grootste koste dink ek sal wees om hom af te skuur en voor te berei vie die oor spuit verf.

0

Maak net seker dat jy bakkie bande opsit, weet dit kos meer maar daai bietjie rubber is baie keer al wat tussen jou en die lang bome staan...so die beste wat jy kan kry is altyd 'n goeie belegging

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 07/05/2019 - 10:25

Ek begin nou oorweeg om die wa ook sommer net met wit enamel en 'n spons roller te verf buite. devil

My grootste uitdaging is die feit dat die verf glad nie klou aan die metaal wat gebruik is nie. Ons het altwee kere baie mooi voorbereiding gedoen en binne 2 tot 3 jaar chip die verf weer af. Die enigste verf wat mooi klou, is die stonechip

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 07/05/2019 - 10:27

Grootwind dus hoekom ek nie kan bande doen nou nie, dus teveel vir ons budget nou.

0

Gerhard, ek hou van jou video en jou karavaan is pragtig.  Al die fotos bymekaar.  Ek besef nou dat ons wa net soos joune moes lyk binne in.  Dit is net dat die kaste groter sou wees, dis al.  Ek is nou jammer dat ons kombuis deel uit is, maar ons sal maar 'n kassie daar bou. en sommer oop rakkies bo sit.  Ek vervoer in elkgeval my kombuisgoed in kratte, so ek pak dit maar uit wanneer ons opslaan.

Is jou beddens ook 1200mm?

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 09/05/2019 - 08:19

Groot verf werk is uiteindelik klaar smiley nou kan ons net die afwerking klaar maak en so paar klein goedjies regmaak. Die nuwe gordyn rails sal die naweek ingesit word en dan kan ons die gordyne maak. Ek het reeds die afwerking gedoen by die voorste bankies gistermiddag.

voor

agter

bankie

voor

bankie

voor

 

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 09/05/2019 - 18:55

Dankie almal.

Ek het 'n toets gedoen vandag want die nuuskierigheid het die oorhand gekry. Die eerste 2 rails is op.

rails
Net die voor ruit se rails is op
rail
Ek het die rails met peeled rivets was gesit want skroewe gaan nie werk nie. Ek het die foto vergroot en gedraai sodat dit beter wys.

rivet

Ek het probeer die gordyn materiaal afneem maar die kleur wys nie so mooi nie

materiaal
Bo is die gordyn materiaal (beidge) en onder is die kant gordyn (off white)

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus