6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -39 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Appelkoos Hoender pot

Brits
Submitted by Hakaf on
Forums

Ek deel graag die resep met julle. Met sekere kampe wil ek net rustig wees die Sondag as ek tuis kom na die kamp en dan is daar nie nog tyd vir kos koop of maak.

Hierdie pot is lekker vinnig en ek maak hom so 11:00 op ‘n Sondag sodat ons 12:00 kan eet en dan is die hele kos maak by die huis ook uitgesort dit rek ook so bietjie  jou kamp tyd uit as die oord nie streng is op vertrek tyd.

Resep:

8 Klein hoender dye

1 groot ui opgesny

1 liter appelkoos sap

1 pakkie gekerfde mushrooms

1 pakkie klein mielies

4 klein soet wortels geskil en gekerf

250ml Room

1 eet lepel olie

Hoender speserye

Gooi speserye oor hoender en verhit olie in pot.

Braai hoender en ui tot hoender goud bruin is skep meeste olie af en voeg sap, wortels en mielies by kook 20 minute.

Voeg mushrooms en room by en laat pot prut tot sous verdik het.

Geniet saam met vars boord rolletjies of potbrood.

Sorg dat jy opgepak het voor jy eet😄

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 17/07/2019 - 09:05

julle moet dit maak en laat weet hoe proe hy

 Ek gaan dit beslis maak! smiley    Is mal oor 'n soeterige hoender pot.   Ek maak myne ook amper so, maar lief om mango sap in te gooi, of 'n blik gesnyde perskes.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus