6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

September koffie inloer

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums
More julle almal ek sien geen koffie kroeg / inloer vir September maand nie so laat loop vrede
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 01/09/2020 - 12:49

Ja die môre sê draad het my ook gevang, soos Johann (groot Oupa) sê, seker die koue wink

Pretoria

Slowstrike

Tue, 01/09/2020 - 16:22

Middag mense

Sak hier nou so vinnig n lekker bui reën hier uit in Pretoria. Man is ek bly ek het die winter die dak laat seël en verf. Geute was mooi skoongemaak laas naweek.

Nou moet die somer net kom. More lyk alles mooi skoon en sonder stof

Groetnis

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 01/09/2020 - 20:36

Weer is so sleg, tv seg " no signal". So lê neef hier toegepak deur sy katte wat koud kry, dankbaar vir die reen wat buite val.

Díe gaan n mooi jaar wees met rekord mielie oeste, voorspoed en vreugde vir almal. n See vakansie met skoon strande en bikini meisies volop.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 02/09/2020 - 07:08

More More

2 de lente dag van die jaar. lekker koud buite.

Bikini meisies op die strand smiley Kan jare terug onthou, toe daar nog n langpad met parkeering was by Hartenbos se strand, as jy daar stop, was daai reuk van "coconut suntan losion" in die lug. Nou nog as ek coconut ruik sien ek die blink lywe in my kop op Hatrenbos se strande smiley

Geniet julle dag en wees veilig.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 02/09/2020 - 07:27

Hou niks van daai coconut reuk nie maar die blink lywe wat daarmee saam gaan maak dit lekker wink

Geniet jou koue 2de Lente dag voluit.

Secunda

Sleep nou

Wed, 02/09/2020 - 07:33

Geniet julle dag geniet die lywe wat soos coconut ruik lekke gereen hier ook in petrol dorp vredesmiley

Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 02/09/2020 - 08:02

Goeie môre julle, hier uit 'n koue nat en winderige Bloemfontein. Ek is bly ek en my skoonseun kon sy stoortjie se dak gister klasr maak voor die wind gister begin waai het. Die wind waai nogsteeds baie sterk en onplesierig. Maar die wind moet waai om te kan reën. Lekker dag vir julle in die pannekoek weer

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 03/09/2020 - 07:15

More almal.

My Fibre line is uit eindelik goed gekeur na 4 weke. Na die derde aansoek, het dit 2 dae geneem. Kom toe met die "regte" persoon praat. Ek het nog nooit met Vodacom gedeel nie, maar dit is die swakste diens wat ek nog gekry het.

Geniet julle dag en wees veilig.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus