Ek probeer om my nie op te hou om mede-kampeerders dop te hou en te beoordeel nie, maar soms slaan die kamp gewoontes van sommiges my voete onder my uit. Ek vermoed ouens wat 'n slordige kamp opslaan is dieselfde ouens wat die badkamers en toilette bemors sonder om dit ordentlik agter te laat.
Hier is byvoorbeeld 'n kampeerder in die Wildtuin waarin ek daagliks moes vaskyk :-

En hier is my buurman in die…
En hier is my buurman in die Wildtuin wat so naby aan my opgeslaan het, dat sy tent nie volledig kon staan nie en toe los hy dit maar so :-
Dan het jy nog nie....
Middag Len en ander
... langs my gekampeer nie!!! Ek kampeer mos baie "verroes"![]()
Ek het ook mos geen aanvoeling vir mense se gemaksone nie. Ons kampeerders is mos baie sosiale mense, wat glo die hele kampeerterrein is wettig 'n gemeenskaplike area.
Groete
Len, daai boonste foto…
Len, daai boonste foto.... lyk wragtig net soos my kamp-opset. Was dit nie by Krokodilbrug so 3 jaar gelede nie?
Lekker 'smile' ek nou
Len, daai boonste foto.... lyk wragtig net soos my kamp-opset. Was dit nie by Krokodilbrug so 3 jaar gelede nie?
Herman, gelukkig weet ek jou…
Herman, gelukkig weet ek jou was is ou Jurgie.
Op die ander forum het neef…
Op die ander forum het neef eenkeer n draad begin met " Snaakse Kampers". Let wel, nie " slordige kampers nie, iets heel anders.
My plasing was, en erens in die ruimte is die foto van n familie, pa, ma en dogter, wat by Karoo N Park opdaag een middag toe ons daar kamp. Die sleepkar is n ouerige Ranchero bakkie, selfde enjin as Willem se Territory, net baie ouer model. Die karavaan is ñ ou iets, daai met die sinkplaat kante, dubbel wiele en ñ khaki kleur. Van die wa se vensters was toegemaak met stukkies sinkplaat. Wa se padligte het gewerk soos n boot sin, extension lead met n bord wat agter gehang het.
Pa het n swart leer onderbaadjie gedra. Res kan ek nie onthou nie.
Vandag voel ek skaam dat ek dit geplaas het. Daar is n gesegde, if you have not walked in the other man's shoes, you can not judge him.... Of so iets.
Aan die ander kant Herman,…
Aan die ander kant Herman, sonder om in die ander party se skoene te staan, dit is dikwels moontlik om met "omstandigheidsgetuienis" tog te "judge" waar slapgatgeit die bo-toon voer. Daardie Sprite voorbeeld spreek boekdele daarvan en so ook my buurman in Skukuza wat geensins bekommerd was hoe sy opset my kampervaring moer toe gestuur het nie.
Badplaas 2008
Ons het innie B kamp gestaan en die Woensdag lings voor ons vier mense kamp opgeslaan waar hulle onder a gazebo geslaap het wat nie toemaak nie die potte vuil klere was net so voor lings van my innie pad gewas by die kraan dit was my moelikste 4 dae van kamp ek gun almal hoe hulle kamp dis mos lekke om te kamp maar wees net netjies
Kampeer; opset en optrede
Soos met familie kan ons mos nie ons kampbure kies nie. Vir baie van my bure het ek groot waardering. Vir sommiges simpatie. Vir ander - hulle maak my sommer de moer in.
Alles kom uiteindelik net neer op gewone goeie maniere. Sommiges gee net bloot glad nie om nie. Dis baie duidelik op die foto van die wa en grondseil te sien.
Neef se omskrywing lyk vir my miskien na noodsaak. Ek het ook so gevoel die eerste naweek van kamp met die vroeg-gebore Slakkie. Kamp wou ons kamp maar die fondse en gereedskap was net nie beskikbaar nie.
Waar die moer in my koffie dik raak is die karakter wat bo-op jou wil staan. Ook wys die foto dit baie duidelik uit. As die persoon sy moontlike probleem vooraf kom bespreek het, kon daar dalk 'n beter oplossing gewees het. Dis ook die ou wat sy duur wa se stortwater reg langs jou tent sal stort en ook sy skottelgoed by die kraan reg voor jou opset sal was. Blykbaar is die modder en reuk goed vir die voete ens.
Maar helaas dis nog nie die einde nie. Daar kom vroulief uit die tent met 'n ding wat soos 'n hond lyk, en klink - (dit kon ek verlede nag agterkom) pragtig aan 'n leiband en die eerste wat hy doen is om homself te verlos teen my tent lyne. Nog nie genoeg nie. Vroulief staan en gesels met 'n kennis en die ding gebruik die tyd om nr 2 net langs my grondseil se punt te doen.
Is hy dan nou nie pragtig nie. Hy is soos ons kind." Beduie sy.
As mens bietjie baie goed en 'n klein stoeptent het, kan dinge soms bietjie handuit ruk. Ek weet waarvan ek praat, dit kom my redelik baie oor.
Nou kyk nou net dis net my hart wat uithaak daar is blykbaar niks met my klae vermoe verkeerd nie.
Maar kamp sal ek kamp!!
Groete
Kom die bure saam met die buurt?
Daar is natuurlik uitsonderings; maar die soort bure word beïnvloed deur die soort buurt. Dis waarom ek maar kieskeurig is met die oorde wat ek besoek. Ek gaan nie na ‘n oord/park om na iemand anders se bokkie-baby-doef-doef musiek te luister of na hoe ryk aan kru taal sy woordeskat is nie. Dit steek my baie meer dwars in die krop as iemand wat nie die nuutste en beste kampeertoerusting het of ‘n ski tou in ‘n boom vasmaak om sy swem handdoek en baaikostuum aan te laat droogwaai.
Ek moet sê dat die oorde waarby ons was sedert ons weer begin kampeer het ‘n paar jaar gelede oorwegend deur ons dam se eende gebruik was. Dalk is dit omdat ons oorwegend nasionale parke besoek en oorde besoek waar gesinne heen gaan? Ek is seker van die ouer mense vind my kinders se gespeel net so irriterend as wat ek iemand wat Snotkop kliphard speel vind. Afgesien van doodgewone goeie buurmanskap glo ek dus jy moet die regte buurt (en die regte seisoen) kies.
Die gelag en speel van…
Die gelag en speel van kinders is musiek, as iemand daaroor kla, vergeet van hom, ek vat my kleinseuns so veel moontlik saam.
Die eerste foto bo, lyk my soos 'n enkel persoon (net een stoel en tafeltjie) dalk 'n eensame wewenaar?
Die tweede foto, ek het agter gekom, dit is algmene praktyk in die wildtuin waar staan plekke nie behoorlik af gemerk is nie, en mense so onbeskof raak.
By Weesgerus, wou ek nie my op was dakkie op sit nie want dan sou ek die tou oor my buurman se staanplek moes in kap, (darem 'n ent weg van sy opset) hy hoor toe my vrou vra waarom ek nie die dak opslaan nie. Hy het na ons oor gestap en gesê dat hy geen probleem het as ek dit doen nie.
Dis erg
1ste foto is skokkend. Dié persoon moet sleg lui wees.....kyk hoe halfpad is daai dak gelig! Steadies is seker ook nie uit nie. Jy hoef nie bekommerd te wees dat hy badkamer vuil agterlaat nie, want ek dink so n ou stort nie eers nie.
2de foto.....wonder wat was die persoon se idee met uitsig? Miskien was dit Leon Schuster of candid camera wat wou sien wat jou reaksie is....kan amper nie glo dat n normale kampeerder só opslaan nie
Kyk weer die boonste foto…
Kyk weer die boonste foto. Splinternuwe tafeltjie en splinternuwe kampstoel, het nog plooie op. Die windskerm seiltjie hier by wiele is so stukkie ingeryg, op n stadium is 2 persone nodig om te doen, een trek, ander een voer agter. Dak so halfpad uitgedruk... onkunde. Wat mens kan dit aflei van die een stoel, enkel persoon. My gevolgtrekking is dus, enkel persoon wat nou wil begin kamp, en weet nie hoe gemaak nie. Begin 2020 was daar n dame wat aleen gekamp het by Karoo, sy het nie enigiets buite opgeslaan nie, net n tafeltjie en stoel in die oopte.





slordige kampeerders
Jy is heeltemal reg Len. ek wonder hoe lyk daardie wa aan die binnekant.