6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Die Boucher's en die Krugerwildtuin 2021

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.

Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.

Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.

Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.

Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.

Vaalpark

Johann L

Mon, 19/04/2021 - 18:08

Chris jou stories lees altd so lekker, mense toer eindlik saam.

Ja daar kom 'n tyd in mense se lewe wat jy moet vra, wanneer is genoeg, genoeg. Daar is nie 'n maklike antwoord nie,  elkeen moet self besluit.

Maar, voorspoed met jou voorneme, jy gaan dit geniet, nie almal het die voorreg om "oud" te word nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/04/2021 - 21:17

Ons het laatmiddag gaan kyk of ek dalk vir Len goeie nuus het t.o.v. die swart spoke - maar geen teken van hulle gesien nie. Inteendeel, geen noemenswaardige wild enigsins gesien nie.

Dit was maar 'n koelerige dag in die park. Vanaand se braai was nie maklik in die ongemaklike windjie wat gewaai het nie.

Ons het tydens ons soektog na die swart spoke gou gaan inloer by die dagbesoekers-area, Bulkraal. Ek moet sê dat die park 'n netjiese fasiliteit daar bedryf. Hier 's enkele foto's van Bulkraal.

Karoo

Karoo

Môre is dit oppaktyd hier in Karoo Nas Park. Ek vertrou die weer speel saam, want YR wys nog steeds 'n bietjie reën. M.a.w. die beplanning is dat ons môre-aand "kaal" hier gaan staan - sonder stoeptent ten einde Woensdagoggend nie te laat hier weg te kom nie - "en route" na Gariepdam (met die gewone lekker ontbyt by Travalia padstal by 3 Susters). Maar wag - dit is eers oormôre se beplanning terwyl môre nog voorlê hier in die Karoo-oase. En wie weet wat wag nog op môre se "spyskaart" - dalk nog selfs 'n vuilbaard of twee.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/04/2021 - 07:52

Hier is die weer swaar vanoggend. Ek is deur donderweer wakker gemaak. YR wys dit kan 12:00 liggies begin reën. Ons sal dus maar poog om voor daardie tyd die stoeptent af te slaan.

Ons beplan om 'n paar kruideniers in Beaufort-Wes te gaan koop en sommer klaar vol te maak met diesel by die Engen Truck Stop. Dan hoef ek nie môre met 'n karavaan agteraan, die dorp aan te durf nie.

Lapskag - ek ken daardie heerlike wors van Travalia baie goed. Dit is vir my ook heerlik. Maar ongelukkig (of dalk gelukkig) is my vrieskaste ge-"stock" met nog lekkerder wors - Joey's boerewors. Vra maar vir Len.

My Snomaster is geheel en al vol gelaai en sal eers na my aankoms by Tsendze vir die eerste keer oopgemaak word. En my KIC dubbeldeur in die karavaan dra die vrag vleis wat tot en met ons laaste aand in Shingwedzi genuttig moet word. Ek wens ek kon 'n klompie van Travalia se wors by Eiland Spa laat aflewer, want dan weet ek gaan ek weer lekker wors soek.

Lapskag - ek gaan jou 'n luitjie gee sodra ons Donderdag naby aan Bloemfontein kom. Jy en Nellie is welkom om saam ietsie te kom eet by die Wimpy by die Engen One Stop (noord) of as dit dan te laat is vir julle boeremense vir ontbyt (want dit gaan 'n "brunch" wees) om minstens net 'n koppie koffie te kom saamdrink.

Lekker dag vir elkeen wat hier lees.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/04/2021 - 12:05

Ek het net begin vrees dat ons dieselfde ding as 2 jaar gelede hier by Karoo Nas Park gaan oorkom, naamlik om papnat te reën op die dag wat ons besluit om kamp af te slaan. Die weer het al swaarder geword en nader gekom. Skielik begin hier groot druppels baie hard te val en maak alles in 'n ommesientjie waternat. Maar gelukkig (en ongelukkig vir die Karoo) was dit van korte duur. Nou skyn die son weer alte lekker en al's is weer droog.

Armond Nel (veldwagter) het gou kom koffie drink. Watter aangename jongman! Ek is baie dankbaar teenoor Neef wat dit bewerkstellig het dat ons Armond kon ontmoet. Dit was lekker om verskeie "parkdinge" met hom te bespreek. Hy't pas nadat hy hier weggery het vir my foto's gestuur van 'n padloper skilpadjie wat oor die pad geloop het - iets wat ek nog nooit in dié park gesien het nie.

Karoo

Worcester

Wildehont

Tue, 20/04/2021 - 13:40

Dis darem nie lekker om nat goed op te pak nie, veral as jy huis toe gaan of nie die volgende dag weer gaan kamp opslaan elders nie. 
 

Dit voel vir my of julle besoek vreeslik vinnig verbygegaan het, seker maar omdat ek by die werk moet sit en net die vertellinge kan lees tussendeur. Geniet die laaste aand daar. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/04/2021 - 15:11

... ek kan ook nie glo dit is die laaste 6 aande nie. Ongelukkig is dit. Dit het nou 'n mooi dag uitgedraai. Ons kom nou pas terug van die dorp af, drink net gou 'n bietjie koffie en dan begin die afslaan en wegpak. Maar daar lê darem nog 'n laaste aand se rustige braai voor. Ek mik om môre so iewers tussen 8 en 9vm in die pad te val vir ons skof tot by Gariepdam.

Middag Chris B

As jy so laat wil vertrek, sal jy daai Hilux moet ooptrek. Lekker sleep, as die masjien sleg klink, skakel net oor na die snelratlaugh 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 20/04/2021 - 18:44

.....oor 10 dae gaan ek ook eers teen 08:00 begin, want die pad Beaufort-Wes toe is reg oos, in die opkomende son en dis vir my 'n pyn in die gaai.  Na 8vm is die son darem al iewat in die lug en 'n mens ry gemakliker.  Die belangrikste rede is egter 'n mens moet die plekke wat brekkies bedien kans gee om eers oop te maak en aan die gang te kom !

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 20/04/2021 - 20:01

Dankie Chris vir die ontbyt uitnodiging, sal ons bes doen om daar te wees. Die ene is op my want julle is dan in ons kontrei. Mooi ry en sien dan. Maar eers moet more oggend vir die tandarts gaan kuier. 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/04/2021 - 09:57

.... vir die veilige reiswense. Ons het so 08:30 uit die park vertrek en sit nou hier by Travalia en wag vir ons brekfis. Ons ry tans met 'n lastige dwarswind wat nogal plaerig is.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/04/2021 - 16:02

Die ou spul Boucher's het na nog 'n probleemvrye dag op die pad, veilig by hulle bestemming by Gariepdam opgedaag - 'n netjiese oord. Ons staan by een van hulle sogenaamde luukse staanplekke. Die badkamers is netjies opgradeer.

Gariep

Gariep

Gariep

Gariep

Na 'n lekker brekfis by Travalia, het ons deurgedruk tot by Karoo padstal tussen Richmond en Hanover vir 'n koffiestop. As jy hou van lekker koffie kan jy maar gerus daar stop.

Gariep

Die hoogste temperatuur wat die bakkie vandag aangedui het was 27°. Hier is die weer ook swaar en enkele groot druppels het al geval. Die wind is amper onplesierig en ek hoop ons groentebraai (lees: hoender) kan vanaand realiseer. 

Môre ry ons tog Aldam.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/04/2021 - 18:50

Daardie wit kar steek darem lelik af by die pragtige Caravette 6B.

Chris, gooi jy ook goedkoop diesel in by daardie Truck Stop aan die linkerkant op Hanover ?

Sjoe, die gras daar by Gariep het darem 'n knock gevat.

Môre Chris

Party mense is darem vreeslik jaloers, maar as nagedagte;

daai 6B kort dalk net swart sy-strepe om die Hilux te komplimenteer.

Sjoe, die badkamers lyk nou pragtig. Die privaat ablusie plekke bly 'n wenner, want mens kan vêr staan van die gemeenskaplike ablusieblok.

Groete

Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 22/04/2021 - 08:03

Ek was baie bevoorreg om in daai nuwe wit bakkie te kon ry nou die dag daar in Kleinmond, lekker skoon en nuut geruik, het my voete afgevee voor ek in daai skoon bakkie geklim het smiley daai bakkie is kwaai hoor, julle net jaloers. 

Nelspruit

Koos Mol

Thu, 22/04/2021 - 13:27

Gaan nou weer deur jou program en sien julle staan begin Junie op Onder Sabie. Hoe lyk dit met 'n tentatiewe koffie -"date" by afsaal piekniekplek op 01 of 03 Junie?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus