6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -22 minutes ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -17 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -19 hours ago

WilSur se Exclusive se Silver Seil

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek het al orals gesels oor die Silver Seil, nou het ek besluit om 'n draad te begin sodat ek die inligting op een draad kan hou vir almal om te sien.

b

Julle het die foto al 'n paar keer gesien, soos ons in 2013 Desember by die Eiland gekamp het.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/12/2018 - 15:30

Ek het my silwer seil vandag gaan haal en is nogals beïndruk met hom.  Lekker lig, net 6kg vir 5 x 8m een met storm bande en als.  Dit het my R3,600.00 gekos en ek het 'n sak ook by gekry.

Net een ding wat my pla is ek het nie gevra vir ogies nie want dit maak die bande swakker en hulle het goed gedink om dit in te sit, sal maar kyk hoe maak hy Desember by die Eiland.  Hulle het sommer ook vir my 'n sak gemaak.

.

 

Centurion

Voortrekker

Thu, 06/12/2018 - 08:24

Baie Spoggerig!

Willem ons kan altwee lekker terugvoering kom gee na die krismis kampe van ons nuwe  AllOutGear silverseile -  ek is nogal nuuskierig oor die effek wat die seil gaan hé op die Brits Desember hitte?  cool

Wat sê die mense?  Met hoeveel grade behoort hy die temperatuur te laat val binne die tent?   Moet ek 'n verwarmer saamneem ingeval dit dalk te koud raak?  wink

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/12/2018 - 08:45

Ek sien daai ouens wat daai springs vir die tent penne maak hulle waarborg hulle seil vir 10 jaar.  Wonder waar het hulle dit getoets, ek wil nog gaan kyk.  Die toets stukke by AllOutGear is vir my 'n goeie aanduiding van die gehalte want dit staan dag en nag in die son en weer.

Vaalpark

Johann L

Fri, 30/04/2021 - 11:34

Goeie môre Zelma, baie hartelik welkom hier op die forum, geniet die gesêlskap.

Ja, jy kan of self pale op maak, of teleskopiese pale by Outdoor Warehouse of enige karavaan winkel kry. Kyk net of dit nodig is vir, en hoeveel jy nodig het, myne pas redelik maklik op die tent se pale en moet net hier daar gestut word.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 01/05/2021 - 13:15

Non Ferous metals in Pretoria Wes verkoop die binne en buite paale per 6 meter lengte. Hulle sal dit vir jou in 1.5m lengtes opsny. Dan moet jy nog spigots, ferrels en auzie clamps koop. Die auzie clamps moes ek kleiner maak om te pas.

Werk maar mooi uit wat alles jou kos en vergely dit met klaar gemaakte paale koop by Camp World. Ek sal nie weer self maak nie. Ek het 16 pale gemaak....dit het my so R2500 gekos.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus