6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -7 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -10 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -26 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -57 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago

Oord Uitleg Kaarte

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek wil hier oorde se uitleg kaarte plaas. 

Plaas gerus joune

3b

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/02/2020 - 15:04

Johann, ja dit het my baie gehelp by Hartenbos (omdat ons elke jaar Feb. soontoe gegaan het) en ook by Klein Kariba vir die lekker staanplekke.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 04/10/2020 - 13:54

Sien gereeld hierdie opskrif onder die top 3 "Populêr vandag", maar merk ook daar kom nie nuwe kaarte deur lede by nie, wonder hoekom ?

Kom plaas asb. vir ons nuwe kaarte en jou stanplaas voorkeur met foto's asb.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 01/11/2020 - 11:40

Sien gereeld hierdie opskrif onder die top 3 "Populêr vandag", maar merk ook daar kom nie nuwe kaarte deur lede by nie, wonder hoekom ?

Daar moet tog kamper wees wat vir ons kaarte kan laai wat nog nie hier is nie of wat verander het.  Kom plaas asb. vir ons nog kaarte.

Kom plaas asb. vir ons nuwe kaarte en jou standplaas voorkeur met foto's asb.

.

 

Secunda

Sleep nou

Tue, 08/12/2020 - 10:44

Dankie vir kaart ek wil ook lankal soentoe gaan kom ooit daarby uit nie maar eendag sal ons beurt kom so lekke teen die see

Ek het staanplek gekry by ATKV Hartenbos staanplek D-4 (met see uitsig) in Maart 2021. Ek kamp met 'n boswa en is bietjie bekommerd oor die blootstelling aan sterk wind daar. Enige kommentaar oor die spesifieke ligging van die staanplek en windtoestande in Maart in Hartenbos sal  verwelkom word. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/12/2020 - 21:38

Die beste tyd daar is Feb.  en Maart.

Ek glo julle gaar lekker kamp.

O, welkom op die Kampforum, gesels asb. meer saam ons.

Ons het Hartenbos altyd in Feb. geniet met baie lekker weer.

👍

Vaalpark

Johann L

Thu, 17/12/2020 - 05:54

HenryM, baie welkom op ons forum, geniet die geselskap en neem deelyes

Hier is 'n foto van ons staanplek (D3) April verlede jaar ons het nie wind probleme gehad nie. Jou staanplek is net langsaan.

Ek sal aan beveel jy sit storm net of tou op vir die wis en onwis, wind begin normaal so laat April, maar kan erg raak vroeër ook.

Hoop maar die mense met boswaens kan jou help.

Die stand is voor op die onderste teras en is net bokant die voet paaitjie, beter gaan jy nie kry nie.

Hartenbos
Foto van af ons staanplek D3
Hartenbos
Ek gebruik "tie down straps" en nie maklik storm toue ens meer nie.

 

Kaap

HenryM

Thu, 17/12/2020 - 07:20

Baie dankie vir die verwelkoming, die goeie raad met die straps en die fotos. Net voor Hartenbos gaan ons eers 'n paar dae by Eb-en-Flow staan. Ons sien baie uit na die kampery. 

Secunda

Sleep nou

Thu, 17/12/2020 - 07:40

Ek ook al baie gehoor van Eb en Flow dis n unieke naam vir n plek hoor ook net goed van hulle

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/02/2021 - 14:17

Ek heemaan jy praat van hierdie kaarte ?  Regs klik op die kaart en stoor hom op jou rekenaar.

My gemerkte voorkeur staanplekke.

.

Die staanplekke A - N is die met skadunette en plaveisel, hiet hou ek van "J"

.

Vaalpark

Johann L

Mon, 15/02/2021 - 20:14

Naand Henk, baie welkom hier tussen ons klomp.

Jy kan ongelukkig nie die kaart "oop maak" nie, maar net vergroot deur jou skerm groter te rek.

Enigste ander manier is, om soos Willem sê, die kaart na jou toestel af te laai en dan te vergroot.

Kaap

HenryM

Wed, 03/03/2021 - 17:48

Dankie vir die kamp uitlegte. Hier is Hartenbos se Terrein-C uitleg wat ek nie sover op die lys gesien het nie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus