133455 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -24 minutes ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -46 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -9 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -11 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Thu, 01/10/2026 - 05:58
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/10/2026 - 13:07

....moes nou eers die SASOl voëlboek gaan raadpleeg oor jou engelse benaming.

Ek raai jy verwys na die pylstertrooibekkie, wat in broeityd die laaang dun stertvere het. Interessant hoe hulle kleure van normaal na "uitlokkend" verander met broeityd. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 05/10/2026 - 13:23

Projek om my onder ouma se voete uit te kry. Sy raas deesdae heeltemal te veel met my en sê dit is hoog tyd dat ek iets " sinvol" doen. 

Die 1968 MGB GT  is n vriend se kar, en ek het al daaraan vir hom gewerk. Die een sal as n " rolling restoration" hanteer word.

Mg

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/10/2026 - 13:34

Wat beplan jy om aan daai MG te doen?? Hy lyk darem al te veel in 'n goeie toestand.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 05/10/2026 - 15:40

Mooi van vêr af Wessel, maar gelukkig nie baie diep roes nie. Bedrading lyk soos n mossienes. Geknip en toegrdraai met kleefband.

Gewoontlik sal ek dit sit en aanstaar vir n hele ruk. So beplan ek dan wat nodig is, en waneer moet gebeur. 

Het al n idee, en dit lyk so iets. Nie heeltemal so radical nie, meer rally specs.

Mgb

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/10/2026 - 16:36

Ek is mos konserwatief, wit Hilux verby met laphoedjie, dus moenie vir viagra of spiertier pille gaan nie. laughlaugh Niks meer as daai Stirling Moss voorbeeld nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/10/2026 - 18:49

Dit is die naam wat ek dié voëltjie ken. Ons verwys algemeen na hulle (die mannetjies) as "Poepies" - eintlik moet dit "Poepholle" wees. By voerplekke, soos in ons tuin, verjaag hy alle ander voëls wat kom vreet sodat sy wyfies (gewoonlik 2 - 3) ongestoord kan vreet. En hy is lief om met sy spieëlbeeld in 'n ruit te baklei. Regte poepies - maar 'n pragtige voëltjie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/10/2026 - 19:41

Goeie hout, jy het genoem dat julle naweek by Koningskop effe koud [storte] was. Nou wat was fout, want rukkie gelede het Maurits dan vertel hoe lekker hulle daar gekamp het. ? 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 08:31

...jy het 'n lekker familie jaar gehad tot hede. Na lang skeiding, sommer 2 keer jou broer aanhuis gehad. 

Was dit die 1ste keer dat jou broerskind in SA en 'n wildtuin was.? hopenlik het hy dit so geniet dat hy, sy familie ook bring vir 'n volgende besoek. 

Gelukkig het jy nie vir hulle Joey's se wors saamgegee niedevil 

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 10:30

Ek dink hy is omtrent bevoorreg om sy mense al vir 'n tweede keer hierdie jaar te kon onhaal, siende dat daar jare tussenin verloop het. Sy broer, 81 jaar oud en met gesondheid wat lol, maar steeds bereid om uitdagings aan te pak, sê vir my iets: Kry Lewe en Beweeg.

Dit was sekerlik 'n baie duur ekskursie - vlugte, gehuurde voertuig, satellietfoon, vaste akkommodasie ens., maar vir ons hoef dit nie so erg te wees nie - ons is reeds in SA met al sy mooi. Dit is nie eens nodig dat ons ver moet ry om die natuur te geniet nie.

Len en sy mense is vir my 'n inspirasie. Vind 'n manier en kom die draaie om.

Gepraat van "beweeg" - brandstof raak nou ernstig iets om in ag te neem. Ons voertuie moet nog opgevul word vandag. Dieselprys hier is R32.55. Weet nie van môre nie.....

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 10:43

Ons was onlangs in Manyane en het elke dag 2 keer met Grompie gaan wild soek. Die 5 dae se toegangsfooi tot die park, alles ingesluit was ongeveer R2000. ek stem, dit klink nogal rof.

Ek het nou op internet probeer uitwerk wat 'n soortgelyke 5 dag Dinokeng wildbesoek my gaan kos. die inligting is effe vaag, daar word gepraat van die volgende;

Dinokeng vennootskap fooi, weet nie of die deel uitmaak van oord se fooi nie

Dagfooie

conservation fee, dalk dieselfde fooi as dagfooi

Self drive permit R250/d

Volgens die stelsel werk dit vir 5 dae op R2215 uit.  dit is effe duurder as Pilansberg fooi. Dan is die kans baie goed dat jou Manyane kampfooi baie goedkoper is as enige oord in/om Dinokeng.

Boonop weet ek dat daar wild is in Pilansberg, ek moet dit net soek. Gelukkig is daar geen hordes heinings en versperrings binne Pilansberg nie.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 11:12

Sommer maar net oor ons eie wel en wee en die rede waarom die wiele tans stilstaan. Of nie heeltemal nie - die beplanning is om Sondag in die pad te val Nelspruit toe. Daan se 2e (daar is nie meer nie) knie-operasie is vir Maandag geskeduleer. Ons gaan met my bussie ry en ek hoop om goeie staanplek in Rockview te kry vir 5 nagte - moet nog bespreek en uitvind of daar 'n hoogte-beperking is by die ingang wat ek op hul webblad sien. Wat my so effe benoud maak, is dat ek nie met my bussie by die onderdak parkering van die hospitaal kan inry wanneer ek hom daagliks besoek nie. Ander veilige parkering is ietwat van 'n probleem daar, maar ek sal 'n oplossing vind. Om met 'n ander voertuig te ry en in 'n gastehuis tuis te gaan is nie 'n opsie nie. Ek het dit eenmaal gedoen en niks daarvan gehou nie. In my bussie het elke ding sy plek en ek hoef nie uit 'n tas te leef of uit- en weer in te pak nie. Met al dit gesê het ons nog vele wat afgehandel moet word voordat Sondag aanbreek.

Vir die met kampeerplanne, droom lekker of indien jy op pad is, geniet dit. Ons beurt sal kom (as die brandstofprys nie saak maak nie).

Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 06/10/2026 - 11:31

Sterkte met die beplanning en sê asb. ook sterkte aan Daan met die 2de knie  operasie. Gelukkig weet hy wat op hom wag. 

 

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 13:01

Jy wat pas dieselfde proses deurgemaak het het nogals 'n goeie idee van alle voorbereidings - meestal vir elke dagse dingetjies waarmee Daan nie na die operasie kan help nie. Ek gaan nie eers op die detail in nie, daar is baie. Ons het tevore die draaie omgekom en glo alles sal goed verloop.

Intussen hoor ek geen nuus van jou kant nie, maar dink jy is reeds ernstig besig om voor te berei vir die 100e comradeslaugh

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 13:05

...kan jy nie die hospitaal bel om uit te vind oor die parkering se hoogte beperking nie??

Sterkte vir julle met die operasie en nasorg.  

Pretoria

Geert

Tue, 06/10/2026 - 13:22

Volgens lys sal dit vir jou en vrou met selfdrive R750 vir die week uitwerk

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 15:05

Die hospitaal se onderdak parkering het 'n hoogtebeperking van 2.4m - te laag vir my bussie (bande afblaas gaan ook nie help nie)laugh Die enkele buite parkeerplekke wat daar is is weer te kort. Daar is een plek(kie) wat vir busse gereserveer is aan die oorkant van die straat. Ek vermoed dit is hoofsaaklik hospitaalwerkers wat daar op/af gelaai word. Sou ek daar parkeer (parallel) is ek nie seker of iets groter as 'n taxi ook daar sal inpas nie. Kan dalk verwilder word. Daar is nog iets wat ek oorweeg (effe onwettig), maar gaan dit liefs nie hier skryf nie.....surprise Sal laat weet hoe dit afloop.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 15:32

...dankie vir Dinokeng tariewe. Ek het dit uitgedruk, maar dis baie vaag vir my. Ek probeer nog sien hoe jy by jou R750 uitkom.

Ek het nounet [16h17] weer op Dinokeng blad hulle berekenings blad ingevul, Sondag tot Vrydag vertrek, en dan werk dit uit op R2050 totaal. Nogal na 'n bietjie afslag.

Derde probeerslag as volg, volgens bostaande tabel;

Sondag R85 x 2 ------R170

Mo-Don R75 x 4------R600

Self drive--------------R250

totaal-------------------R1020 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus