So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Nuwe projek
Projek om my onder ouma se voete uit te kry. Sy raas deesdae heeltemal te veel met my en sê dit is hoog tyd dat ek iets " sinvol" doen.
Die 1968 MGB GT is n vriend se kar, en ek het al daaraan vir hom gewerk. Die een sal as n " rolling restoration" hanteer word.

Mooi van vêr af Wessel, maar…
Mooi van vêr af Wessel, maar gelukkig nie baie diep roes nie. Bedrading lyk soos n mossienes. Geknip en toegrdraai met kleefband.
Gewoontlik sal ek dit sit en aanstaar vir n hele ruk. So beplan ek dan wat nodig is, en waneer moet gebeur.
Het al n idee, en dit lyk so iets. Nie heeltemal so radical nie, meer rally specs.

MG op steroids !!!!
Ek is mos konserwatief, wit Hilux verby met laphoedjie, dus moenie vir viagra of spiertier pille gaan nie. ![]()
Niks meer as daai Stirling Moss voorbeeld nie.
Hallo Almal
Ek was nie weg gewees.
Ek kon net nie in log. Wel ek is nou terug.
Koning Rooibekkie
Dit is die naam wat ek dié voëltjie ken. Ons verwys algemeen na hulle (die mannetjies) as "Poepies" - eintlik moet dit "Poepholle" wees. By voerplekke, soos in ons tuin, verjaag hy alle ander voëls wat kom vreet sodat sy wyfies (gewoonlik 2 - 3) ongestoord kan vreet. En hy is lief om met sy spieëlbeeld in 'n ruit te baklei. Regte poepies - maar 'n pragtige voëltjie.
Koningskop
Goeie hout, jy het genoem dat julle naweek by Koningskop effe koud [storte] was. Nou wat was fout, want rukkie gelede het Maurits dan vertel hoe lekker hulle daar gekamp het. ?
Len...
...jy het 'n lekker familie jaar gehad tot hede. Na lang skeiding, sommer 2 keer jou broer aanhuis gehad.
Was dit die 1ste keer dat jou broerskind in SA en 'n wildtuin was.? hopenlik het hy dit so geniet dat hy, sy familie ook bring vir 'n volgende besoek.
Gelukkig het jy nie vir hulle Joey's se wors saamgegee nie
Len se familie-besoeke
Ek dink hy is omtrent bevoorreg om sy mense al vir 'n tweede keer hierdie jaar te kon onhaal, siende dat daar jare tussenin verloop het. Sy broer, 81 jaar oud en met gesondheid wat lol, maar steeds bereid om uitdagings aan te pak, sê vir my iets: Kry Lewe en Beweeg.
Dit was sekerlik 'n baie duur ekskursie - vlugte, gehuurde voertuig, satellietfoon, vaste akkommodasie ens., maar vir ons hoef dit nie so erg te wees nie - ons is reeds in SA met al sy mooi. Dit is nie eens nodig dat ons ver moet ry om die natuur te geniet nie.
Len en sy mense is vir my 'n inspirasie. Vind 'n manier en kom die draaie om.
Gepraat van "beweeg" - brandstof raak nou ernstig iets om in ag te neem. Ons voertuie moet nog opgevul word vandag. Dieselprys hier is R32.55. Weet nie van môre nie.....
Dinokeng fooie
Ons was onlangs in Manyane en het elke dag 2 keer met Grompie gaan wild soek. Die 5 dae se toegangsfooi tot die park, alles ingesluit was ongeveer R2000. ek stem, dit klink nogal rof.
Ek het nou op internet probeer uitwerk wat 'n soortgelyke 5 dag Dinokeng wildbesoek my gaan kos. die inligting is effe vaag, daar word gepraat van die volgende;
Dinokeng vennootskap fooi, weet nie of die deel uitmaak van oord se fooi nie
Dagfooie
conservation fee, dalk dieselfde fooi as dagfooi
Self drive permit R250/d
Volgens die stelsel werk dit vir 5 dae op R2215 uit. dit is effe duurder as Pilansberg fooi. Dan is die kans baie goed dat jou Manyane kampfooi baie goedkoper is as enige oord in/om Dinokeng.
Boonop weet ek dat daar wild is in Pilansberg, ek moet dit net soek. Gelukkig is daar geen hordes heinings en versperrings binne Pilansberg nie.
Ons "situasie"
Sommer maar net oor ons eie wel en wee en die rede waarom die wiele tans stilstaan. Of nie heeltemal nie - die beplanning is om Sondag in die pad te val Nelspruit toe. Daan se 2e (daar is nie meer nie) knie-operasie is vir Maandag geskeduleer. Ons gaan met my bussie ry en ek hoop om goeie staanplek in Rockview te kry vir 5 nagte - moet nog bespreek en uitvind of daar 'n hoogte-beperking is by die ingang wat ek op hul webblad sien. Wat my so effe benoud maak, is dat ek nie met my bussie by die onderdak parkering van die hospitaal kan inry wanneer ek hom daagliks besoek nie. Ander veilige parkering is ietwat van 'n probleem daar, maar ek sal 'n oplossing vind. Om met 'n ander voertuig te ry en in 'n gastehuis tuis te gaan is nie 'n opsie nie. Ek het dit eenmaal gedoen en niks daarvan gehou nie. In my bussie het elke ding sy plek en ek hoef nie uit 'n tas te leef of uit- en weer in te pak nie. Met al dit gesê het ons nog vele wat afgehandel moet word voordat Sondag aanbreek.
Vir die met kampeerplanne, droom lekker of indien jy op pad is, geniet dit. Ons beurt sal kom (as die brandstofprys nie saak maak nie).
Baie dankie Jan
Jy wat pas dieselfde proses deurgemaak het het nogals 'n goeie idee van alle voorbereidings - meestal vir elke dagse dingetjies waarmee Daan nie na die operasie kan help nie. Ek gaan nie eers op die detail in nie, daar is baie. Ons het tevore die draaie omgekom en glo alles sal goed verloop.
Intussen hoor ek geen nuus van jou kant nie, maar dink jy is reeds ernstig besig om voor te berei vir die 100e comrades![]()
Wessel
Die hospitaal se onderdak parkering het 'n hoogtebeperking van 2.4m - te laag vir my bussie (bande afblaas gaan ook nie help nie)
Die enkele buite parkeerplekke wat daar is is weer te kort. Daar is een plek(kie) wat vir busse gereserveer is aan die oorkant van die straat. Ek vermoed dit is hoofsaaklik hospitaalwerkers wat daar op/af gelaai word. Sou ek daar parkeer (parallel) is ek nie seker of iets groter as 'n taxi ook daar sal inpas nie. Kan dalk verwilder word. Daar is nog iets wat ek oorweeg (effe onwettig), maar gaan dit liefs nie hier skryf nie.....
Sal laat weet hoe dit afloop.
Geert...
...dankie vir Dinokeng tariewe. Ek het dit uitgedruk, maar dis baie vaag vir my. Ek probeer nog sien hoe jy by jou R750 uitkom.
Ek het nounet [16h17] weer op Dinokeng blad hulle berekenings blad ingevul, Sondag tot Vrydag vertrek, en dan werk dit uit op R2050 totaal. Nogal na 'n bietjie afslag.
Derde probeerslag as volg, volgens bostaande tabel;
Sondag R85 x 2 ------R170
Mo-Don R75 x 4------R600
Self drive--------------R250
totaal-------------------R1020







Herman...
....moes nou eers die SASOl voëlboek gaan raadpleeg oor jou engelse benaming.
Ek raai jy verwys na die pylstertrooibekkie, wat in broeityd die laaang dun stertvere het. Interessant hoe hulle kleure van normaal na "uitlokkend" verander met broeityd.