Voortrekker, ek ervaar Kampforum baie, baie stadig in vergelyking met ander webblaaie en forums waar ek ook gesels. Ek het 'n Telkom ADSL-lyn wat my probleemvry en vinnig diens op alle ander platforms behalwe by Kampforum ervaar ek dit baie stadig. Ek gebruik Chrome om by Kampforum uit te kom, maar ervaar dieselfde as ek via die ou Internet Exporer of die nuwer Windows 10 Edge gaan.
Kan iets daaromtrent gedoen word ?
Dankie Len en Freda dat…
Dankie Len en Freda dat julle my laat weet. Ek het nou "Aggregate CSS files" aangeskakel. Weet nie wat dit beteken nie, maar kom ons kyk of die site dalk bietjie vinniger laai?
Dankie Anton
Dankie Anton, maar ek ervaar geen verskil nie, dit bly nog stadig.
Dankie dat jy ten minste aandag gee en alternatiewe probeer.
Het ook ADSL lyn maar het…
Het ook ADSL lyn maar het geen probleem met spoed nie. Kampforum is maar die selfde as al die ander.
Kaap is vêr.....![]()
Wat is die haas? Waar is…
Wat is die haas? Waar is julle geduld? Julle kan dankbaar wees julle het 'n forum wat werk.
Ja, Spekkies, dis nes jy sê…
Ja, Spekkies, dis nes jy sê.
Ek is mos lekker op pension, het al die tyd in die wêreld.
Oom Lennie lewe in die "fast…
Oom Lennie lewe in die "fast lane" ![]()
....al is hy op pension
Gelukig het die meeste…
Gelukig het die meeste plekke waar ons kamp darem ook internet ontvangs, ongelukig nog op parafien, dus is ons hoogste spoed maar altyd "vrek stadig"!
Ek kla..............
Ek kla of kritiseer nie, gee maar net terugvoering : die forum is nog steeds hond-stadig in vergelyking met die kompetisie en ander webtuistes.
Ek vermoed dit demp gesels-deelname.
Len, ek kan nie juis sê hy…
Len, ek kan nie juis sê hy is hond stadig nie, maar die reën weer hier bo laat die forum weer besig.
De Voetpadkloof
Een van WilSur groep het dié nou vir my gestuur, een van hulle vriende kan nie meer gaan nie.
Staanplek 10, 29 Maart - 2 April 2018 vir 2 persone teen R2280.00. Jy kan vra om meer op die staanplek te staan maar dit gaan ekstra kos.
Nog terugvoer
Anton, ek weet nie of jy iets anders kon uitrig nie, maar ek ervaar die forum beslis beter as toe ek op 20 Maart die stadige forum gerapporteer het nie.
Baie dankie.
Nou gou............
Nou gou weer gekyk, Anton die forum-spoed is al sommer baie beter !
Len, baie interesante…
Len, baie interesante uitdruking - "Hond stadig"? wat vir 'n soort hond is dit, meeste honde wat ek ken is nogals vinnig?
Hulle is..............
Hulle is oor die algemeen baie vinnig, maar soms vrek stadig en/of aan die slaap :-

As iets hond vinnig is, dan…
As iets hond vinnig is, dan is hy baie vinnig!
As iets hond stadig is, dan is hy baie stadig!
![]()
Net toe ek dink ek verstaan…
Net toe ek dink ek verstaan is ek weer deurmekaar??
Nou is ek 'n verwarde pensioenaris!





Ek ondervind presies…
Ek ondervind presies dieselfde as Len. Het ook Telkom ADSL lyn en of ek nou deur Chrome of IE ingaan, maak geen verskil. Ek het ook nie probleme met ander webtuistes nie. Ek aanvaar dit nou al so, dit is al 'n geruime tyd.