Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Sat, 05/05/2018 - 20:59

Na 'n lang week smiley kon ek vandag weer gaan werk en basies het deel 2 vandag begin. Die voorste bankies is uitgehaal en daai vrot voor muur is gestrip. 

Voor dat ek begin uit strip het.

Voor

Bankies uit.

bankies

Muur uit.

muur

Gat in die voorste plaat waar die trekstang ingaan.

gat

Klaar die rubber gesny om die gat toe te plak.

Rubber

Projek het toe gestop want die 38 x 38 mm hout is te smal om die vrot balk onder die venster te vervang. Ek gaan nou eers weer volgende Saterdag in pa se motorhuis shop vir 'n nuwe plank. smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 06/05/2018 - 08:10

Dankie almal.

Oom Stoffel dis 46mm wyd en 40mm hoog by 1.93m lank, maar daar in my pa se motorhuis is genoeg hout om van te kies. Ons Saterdag in daai rigting vir my suster se dogtertjie wat verjaar en dan sal ek hout gaan oplaai. Ek het gister ook gaan haal maar dit was voor ek begin strip het. 

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 07/05/2018 - 07:30

Oom Stoffel ongelukkig is daar nog net teveel werk oor om te doen en Marelize se eksamens begin die week na die saamtrek so ons gaan nie kamp niesad

Ek het tenminste nog 'n maand en half se werk oor om te doen

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 19/05/2018 - 20:28

Maak darem nou goeie vordering maar is ver van die einde af. Die voor venster is uitgehaal, die aluminum bo oor die hout is af gehaal en die binne mure langs die venster is ook uitgehaal. Die vrot plank is uitgehaal. Die nuwe plank is ingesit en die aluminum is terug gesit en die klein binne mure is vervang nou. Die voor muur is nou weer baie stewig.

Voor

Voor

muur

muur

Voor

Heeltemal af gevrot

Voor

Nuwe plank in

nuut

nuut

nuut

 

0

Gerhard mooi gedoen ek haal my hoed af vir manne wat sulke werk takel soos in my vorige draad ek is nie Handy Hank wanneer dit kom by houtwerk hel selfs ou Julias  Malema sou my los hande gewen het .Meganies is ek olraait en elektrisiteit maak ek uit .

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 19/05/2018 - 21:17

Dankie almal.

Na vandag sal die voor muur nie weer induik na binne as ons die "Ou Lady" sleep om te gaan kamp nie. smiley

Een ding wat ek wel uitgevind het met die oorbou, dis baie werk surprise

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 19/05/2018 - 21:43

Gerhard, ja dit is baie werk, en glad nie maklik nie, ek sien nie kans vir so iets nie, maar as dit klaar is, gaan jy 'n prag stuk hê wat jou baie jare se genot gaan verskaf?

Een ding wat ek wel uitgevind het met die oorbou, dis baie werk
0
Centurion

Dusty

Sun, 20/05/2018 - 06:21

Dit lyk goed. Jy kan trots wees op wat jy tot nou toe bereik het.

Dit is die lekkerte van enige projek. Wanneer jy klaar is en terugstaan en daarna kyk en die eindproduk sien.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus