Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -52 minutes ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -1 hour ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -1 hour ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Pad Umfula Johann L -3 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Mon, 13/05/2019 - 07:26

Die eerste 2 roman blinds is in. Dit vat maar tyd om te maak. Het nie patrone soos die fabriek om mee te werk nie.

Velcro
Bo word hulle soos in die nuwe waens vas gesit met velcro

voor

oop

kant

kant

voor

hakie
Ons gebruik die kort hakies in die rails

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 13/05/2019 - 09:34

Baie nice.

Ek het ons karavaan se gordyne daai 10 of 8mm hout rods in daai dwars nate gesit en dit lyk vir my beter wan hy hang nie meer so sakkerig nie en werk maklikker met die oopmaak.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 13/05/2019 - 09:49

Vroulief het gesien die Sprite Splash het nie die rods in nie en wil dit so laat hang. Daai is haar afdeling om te besluit oor hoe die gordyne moet lyk. smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 07:35

Ons sou net 'n gordyn gemaak het en verder sou ons nie veel doen nie. Van die afronding is ook gedoen. smiley

kas

spieel
Dis hoe die spieel gelyk het
spieel
Dieselfde spieel net met 'n nuwe raam om
deur
Die deur is ook weer terug.
Gordyn
Die derde gordyn is ook nou op al. (regs)

dag

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 20/05/2019 - 08:07

Kyk die ou lady kon nou mooi aan daai spieel en gordyne maak n groot verskil gaan groot Gerhard

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 08:26

Dankie Oom.

Ek moet daai deur wat oopmaak na die weelde, ook vervang. Die plaat is reg gebreek. Voor my pa-hulle die wa gekoop het, is daar ingebreek en die deel by die slot is gebreek. sad Sal vanmiddag foto's neem om te wys.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/05/2019 - 08:48

.......ek het nou weer van vooraf na jou fotos gekyk en dit lyk werklik pragtig.  Hou jy rekord van wat die veranderinge gekos het ?

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 09:26

Dankie Oom. Ek het besef hoe baie werk is in die wa in toe ek die video met meeste van die projek se foto's gemaak het.

Ons is op so +-R3500 vir als wat ons moes koop vir die projek. Baie van die goed was in my pa se motorhuis, my eie en dan ook by die skoonfamilie. Ek sal 'n lys maak van als wat gekoop is en als wat reeds daar was. Daai raam van die spieël is eintlik daai aluminum strip tussen teëls en matte wat die skoonfamilie uitgegooi het en ek het dit gevat vir afronding in die wa.smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus