Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
Shaun...
Middag Shaun
....jy moet sommer jou ma en vrou in julle huis laat aansterk. Dan kan hulle lekker onder jou oog gesond word. Boonop hoef jy nie rond te jaag nie.
Die ander voordeel is, dat as jou vrou en skoonma nie lekker klaarkom nie, gaan beide gouer gesond word om na eie huise terug te keer.![]()
Hierdie draad se onderwerp.................
....................het nou 'n interessante wending ingeslaan, naamlik hoe 'n ou sal optree sou jy voor 'n ernstige siekte te staan kom. Dis seker niks fout om daaraan te dink nie, maar om vooraf te besluit om behandeling te weier is na my mening makliker gesê as gedaan. Dis nie net jy wat die siekte onder lede het wat swaar kry nie, maar ook jou gelieftes naby aan jou, jou ouers, jou gade, jou kinders en kleinkinders. Ek dink 'n mens moet eers self in so 'n situasie wees voor jy 'n besluit wil neem oor die weiering van mediese hulp. As ek dink aan my kanker-geskiedenis oor 'n periode van 11 jaar, 'n hartaanval onder een van 4 operasies, 'n gedeeltelike afgesterfte dunderm en les bes, 'n totale verwyderde dikderm en een van die dae kamp ek weer met die Exclusive en oor 13 jaar gaan ek nog my jongste kleindogter se 21ste verjaarsdag bywoon !
Ek weet daar is verskillende geloofsoortuigings onder ons, maar in my persoonlike geval kan ek nie anders as om 'n Hoër hand in my situasie te sien nie en daaroor is ek baie dankbaar.
Behandeling weier
Oom Len, ek dink nie dis wat bedoel is nie (as ons die gesprekslyn verder kan kaap). Wat ek bedoel het is dat sommige mense kies om nie kunsmatig aan die lewe gehou te word wanneer behandeling nie effektief was nie.
Ek glo meeste mense wat nie aan depressie ly nie, het ‘n sterk oorlewingsdrang. Die mediese wetenskap is deesdae ook van so aard dat mense gered kan word van die dood en/of genees kan word. Gevolglik die begrip geneeskunde. As mens egter by die punt kom waar ‘n geneesheer “niks meer vir jou kan doen nie”, glo ek die pasient en sy/haar naasbestaandes sal eerder alles doen om pynbeheer toe te pas as om die pasient onnodig te laat ly deur hom/haar kunsmatig aan die lewe te hou?
Noudat ek dit gesê het wonder ek of kunsmatig aan die lewe hou ook geld vir iemand met erge Covid op ‘n ventilator sit?
Hou ons maar op hoogte Neef…
Hou ons maar op hoogte Neef.
Ralie se buik-sonar het gister gewys dat daar klaarblyklik niks fout met die organe (wat hulle kon monitor) is nie. Ten einde heeltemal seker te maak dat dit nie dalk net ipekonders (my lighartige woord) is nie, gaan sy ook eerskomende Maandag vir 'n gastroskopie.
Middag Chris, sterkte vir…
Middag Chris, sterkte vir Ralie, ons vertrou dat dit net 'n tydelike ding was, en dat dit sommer spoedig self sal uit woed.🙏
Len, dit is die woorde…
Len, dit is die woorde waarvoor ons almal sit en wag het.
een van die dae kamp ek weer met die Exclusive en oor 13 jaar gaan ek nog my jongste kleindogter se 21ste verjaarsdag bywoon !
Vandag is daar bloed getrek…
Vandag is daar bloed getrek om nierfunksie te bepaal. Dit is nodig omrede ek maandag n liter Jodiumoplossing moet drink vir die CT scan Blykbaar metaboliseer niere die drankie, en moet redelik in shape wees.
Vandag met n maat gesels wat destyds saam gedraf het. Sy bynaam was nogal "Stormin Norman" Hy het 4 jaar al bloedkanker, en sy beendere is nou vol gate. Als al gedoen tot stamsel oorplantings. Hy se dat dit nie in n mens se geaardheid is om net op te gee nie, veral nie as jy n sterk persoonlikheid het nie. En ek weet ons runners weet van swaarkry en vasbyt. So kom ons hoor wat gebeur, en as daar n klein kansie is, dan sal ek dit vat.
Herman, jou ou kansvatter
Naand Herman
Ek is so bly om te hoor jy sien kans om die kans te vat, ek glo dit is die regte benadering.
Op ligte noot, ek hoop nie die bloedmonster was net ene mampoer en rooiwyn nie.![]()
Sterkte ...
Ek weet daar is verskillende geloofsoortuigings onder ons, maar in my persoonlike geval kan ek nie anders as om 'n Hoër hand in my situasie te sien nie en daaroor is ek baie dankbaar.
Eerste moet ek vir jou, Len sê ek stem 100% saam met jou, maar 'n mens is swak en kan nie altyd by hou nie. 🙏
Herman, sterkte vir volgende week. 🤞
Dis die gees!
So kom ons hoor wat gebeur, en as daar n klein kansie is, dan sal ek dit vat.
Gryp dit aan Oom Neef. Hopelik is dit in ‘n vroeë stadium en behandelbaar tot die punt van ontslae raak daarvan. Ons hou duime vas!
Herman, sterkte vir vandag,…
Herman, sterkte vir vandag, mag die prognose positief wees.
Chris B, hoe gaan dit met Ralie, kon die dokters uitvind waar die probleem lê?
Shaun se vrou vorder besonders goed en sy ma is op en wakker, daai vrou is 'n yster.
Wessel, ek glo daai laaste steke wat binne kort uit kom, gaan die laaste las met jou voet wees, dan weer die kampe in ryg - so op 'n ry.
Len, ons vertrou dat jy ook nou byna weer jou ou self is en dat jy op die punt van volkome herstel is.
Ek bid vir almal vir gesondheid en die seën van die Heer op ons almal, as iemand nie in dieselfde geloof as ek is nie, kan so persoon ook nie aanstoot neem nie, want jou eie geloof in wat ook al, sal mos dan vir jou tot redding wees? Dus, moenie kwaad wees vir my nie.
Johann ...
... dankie vir die belangstelling. Donderdag se buik-sonar het niks gewys nie. Soos ek nou hier sit en tik (in die wagkamer) is die chirurg besig om die gastroskopie uit te voer.
Sterkte aan almal
Sterkte vir almal wat hier genoem is met ondersoeke , operations ens , Johann dankie vir al jou updates my ma word vandag ontslaan dankbaar kanker nie versprei nie , sy het beide haar borste verloor maar in goeie gemoed , Berdien gaan dit beter elke dag linker been weer normaal , regter been se gevoel kom terug rug operasie was 10 ure lank gewees sy afgeboek vir 3 maande . Sterk staan almal
Baie sterkte en spoedige…
Baie sterkte en spoedige beterskap aan almal wat hier genoem word. (Len, Ralie, Wessel, Berdien en Shaun se Ma, Herman)
Baie sterkte ALMAL ...
Wens julle alle sterkte en voorspoed toe.
Baie sterkte aan al die…
Baie sterkte aan al die manne wat deur moelike tye gaan.





Shaun se vrou, Berdien is by…
Shaun se vrou, Berdien is by die huis en dit gaan baie beter met haar.
Sy ma is geopereer, sy lyk baie goed vir 'n vrou wat deur so iets is, ook sommer die derde dag na 'n gewone saal oor geplaas.
Sterkte vir almal wat ongesteld is🙏