6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Die Boucher's en die Krugerwildtuin 2021

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.

Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.

Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.

Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.

Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.

Worcester

Wildehont

Mon, 16/08/2021 - 13:37

Tydens ons toer in Julie het ek vir Salomien gesê iemand moet ‘n slimfoon toepassing ontwikkel wat vir jou kan sê waar die goedkoopste diesel binne ‘n spesifieke radius van jou ligging is. Die pryse kan darem maar wild wissel tussen goedkoopste en duurste, en op ‘n lang toer maak dit ‘n hele paar Mandelas verskil. 

Middag vriende

Julle kan maar hierdie tipe inligting gorrel op die forum. Ek is seker dat ander ook daarby baat vind.

Chris S: Ek soek nie vulstasies na gelang van pryse nie. Ek vat die 1ste ene wat opduik wat veilig, skoon en toeganklik voorkom. Op die snelwee is voldoen amper almal aan my  vereistes. Ek wil ook nie tyd mors deur vulstasies in agerstrate te gaan soek, net om 'n paar Rand te spaar nie.

Vaalpark

Johann L

Mon, 16/08/2021 - 15:12

Chris S, daar was 'n toep, "PitStop", wat presies dit gedoen het, maar soos met alles, is dit afhanklik van die mense wat dit opdateer.

slimfoon toepassing ontwikkel wat vir jou kan sê waar die goedkoopste diesel binne ‘n spesifieke radius van jou ligging is.

 Wessel, op 'n 80 liter tenk, spaar jy tot R80.00 per vul, deur by die Agri vulstasies vol te maak. Hul pryse is meestal so R1.00 per liter goedkoper as die dorps vulstasies, om nie eers te praat van die hoofweg vulstasies langs die pad nie. Onthou, diesel is nie gereguleer nie, nie soos petrol nie.

Middag Johann

Ek hoop om eendag ook met diesel trokkie te ry. Ek sal beslis die goedkoopste vulstasie in Brits soek en gebruik.

Op vakansie, op die langpad egter, sal ek nie sommer soek nie. Ek is van nature haastig, dus wil ek volmaak, draai loop, eet en verder ry.

Dalk verander my ge aardheid sodra ek met pensioen gaan, maar ek twyfel. 

Worcester

Wildehont

Mon, 16/08/2021 - 16:26

toep, "PitStop", wat presies dit gedoen het

Jammer vir die afdwaal van die Bouchers se draad, ek wens ek het dit gehad tydens ons toer. Teen ‘n Rand ‘n liter goedkoper sou ek R688 gespaar het. Dis nie te versmaai nie.  

Worcester

Wildehont

Tue, 17/08/2021 - 10:13

Dit is vir seker nie so lekker soos om tuis alles in gereedheid te bring voor ‘n toer nie. Tog vind ek dit op ‘n manier ook bevredigend om stelselmatig dinge skoon te maak, te herstel waar nodig en weg te pak. Dis tog ook op ‘n manier voorbereiding vir die volgende toer. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 17/08/2021 - 11:29

Ons kuier nog lekker - vandag en môre. Die afbreek sal eers Donderdag gebeur. Alles is so stowwerig na 6 weke van die wildtuin se stof en 2 maande van Eiland Spa se stof dat die groot skoonmaak eers by die huis sal geskied, want alles sal deeglik gewas moet word. Ons beplan om nêrens tydens ons terugtog enigiets op te slaan nie.

As ek so na YR se langtermyn-voorspelling kyk, lyk dit of ons lekker weer oor die naweek by Edenpark kan verwag asook deur die Vrystaat Sondag en Maandag. Maar dit blyk dat dit na Dinsdag se kant toe kan gat omkeer na die Karoo se kant toe. En vir Woensdag, wat ons beplan om by die huis te arriveer, lyk dit sommer lekker reënerig. Dit mag meebring dat ons nog 'n dag of twee langer in Karoo Nas Park vertoef, want ek vermy dit sover moontlik om in die reën te sleep. Dié park lyk net vir my redelik vol - waarskynlik moet ek maar vooraf bespreek. Ek reken dit is blommekykers wat daarlangs ry.

Ek en Ralie het nog eers 'n lekker stappie langs die Letabarivier gehad. Ons was darem vanoggend gelukkig om 'n seekoei te sien. Ons het hulle andersins nog net gehoor. Die voëllewe langs die rivier was vanoggend een van die bestes wat ons vanjaar ervaar het.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 20/08/2021 - 16:21

Na 'n baie warm dag vir kamp afslaan (gister) is ons eers na 09:00 weg by Eiland Spa. Digte mis in Magoebaskloof het die klim uit die Laeveld uit nogals bemoeilik deurdat die sig uiters beperk was. Maar toe ons Haenertzburg verby is, was ons gou-gou weer in lekker sonskynweer.

Ons was net na 14:00 hier by Edenpark in heerlike 28° sonskyn. Ek het verwag dat ons 'n netjiese plek gaan vind, maar só netjies oortref my verwagtinge. Ek kan verstaan dat hierdie netjiese plek 'n 5-ster gradering van die Toerismeraad ontvang het.

Hier is net 16 staanplekke in die hoofkamp, elkeen netjies geplavei met sy eie privaat ablusie. Ek sal nog 'n paar foto's neem, maar hier is solank een om te wys dit is regte bosveld.

Edenpark

Ek dink dat R300 per nag oor 'n naweek is 'n baie billik vir die gehalte geriewe wat hul bied.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 20/08/2021 - 18:30

Ek het gou op internet geloer, Edenpark lyk na 'n pragtige plek.  Ai, die Gautengers daarbo het darem pragtige kampeerplekke.

Ek aanvaar julle gaan twee nagte hier bly.

Vaalpark

Johann L

Fri, 20/08/2021 - 18:49

Naand Chris, ons het baie puik oorde hier bo. Ongelukkig is ek, of liewer my vrou, 'n roetine gebonde mens, altyd die selfde oor en oor, maar ek baklei nie, ten minste kamp ons.

Ek het vir haar die oord se web blad gewys, eerste vraag was. "Is daar 'n warm swembad?"

Die prys is baie billik vir privaat ablusies. 

Ek gaan egter niks van die oorde in die kaap of natal weg vat nie, al wat daar kort is braaiers vir die ou wat nie sy eie het nie, sy probleemwink

pretoria

pieterc

Fri, 20/08/2021 - 19:17

Dankie vir die deel Chris.

Dit is sommer naby ons met baie billikke pryse vir n 5-ster oord. Soos Len sê, hier is redelik baie oorde om van te kies in en om Gauteng.

Julle moet die terugtog geniet en veilig ry.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 20/08/2021 - 22:12

Ek is sooo beïndruk met hierdie oord. Ek plaas nog 'n paar foto's:

Edenpark

Edenpark

Edenpark

Edenpark

Edenpark

Edenpark

Hier's verskeie paaie wat jy kan gaan stap. Volgens wat ek uit ander bronne gehoor het, is hier pragtige wild te sien. Ons het met 'n laatmiddag-stappie deur die kamp reeds 'n bosbokooi met haar lam asook 4 vlakvarke teengekom. Ons beplan om môre 'n lekker stappie te gaan vat.

Ja Len, jy's reg - ons vertrek eers Sondag hiervandaan. En jammer Johann - hier is net 'n koue swembad.

Maar die klein bietjie wat ek tot dusver van Edenpark gesien het is beslis indrukwekkend. Die sekuriteit beïndruk my. Jy word by die ingangshek persoonlik ontvang wanneer daar vir jou oopgesluit word. Nagwagte, wat hulself aan my kom bekendstel het, patrolleer die oord deur die nag. Jy ontvang 'n sleutel van die ingangshek indien jy om een of ander rede die oord moet verlaat.

Hierdie is een van die plekke wat ek in die toekoms moeilik sal verbyry. "What a resort!!"

Die Toerismeraad het aan hulle 5 sterre toegeken. Ek sou 'n 6de ster gegee het. Puik, puik, puik!!!

Vaalpark

Johann L

Sat, 21/08/2021 - 07:25

Wow, dit is netjies!!

Kan myself indink hoe dit in die somer moet lyk met alles in groen (somer getooi - bome berge en veld).

Dankie vir die deelyes

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 21/08/2021 - 12:40

Ek hoop jy gaan op Kampforum ook jou resensies doen.

Het ook eenkeer daar gekamp onder so groot boom.  Met die oppak sonder hemp het sulke hangende klein harige wurms gesorg dat my hele bolyk opgeswel was en vreeslig gejeuk het.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 21/08/2021 - 12:43

Edenpark het 'n netwerk van paadjies wat jy kan gaan stap. Ons het gistermiddag 'n bosbokooi met haar lam en 4 vlakvarke hier in die kamp gesien. Koedoes moet sekerlik snags in die kamp wei want jy sien hulle vars mis oral. En ek kan verstaan waarom hulle in die kamp wei - dit is die enigste plek met groenigheid.

Met ons uur en 'n half stap het ons duidelik agtergekom dit trek na end-Augustus toe - die Bosveld is waaragtig droog. Baie droog. Ons het 3 koedoebulle en 'n klompie rooibokke teengekom. Ons het beswaarlik enige voëllewe gewaar. Maar dit bly maar lekker om so in die bos te kan stap.

Edenpark

En amper die lekkerste is wanneer jy jouself aan die einde van so 'n stappie met 'n koue goue kan beloon.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 21/08/2021 - 14:43

Dankie Chris, 'n oorbly-oord om beslis te  onthou.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 22/08/2021 - 11:04

Ek weet die Bouchers vertrek vandag vanaf Edenpark en wonder waar oornag hulle vanaand ?  Chris het soveel plekke opgenoem dat ek skoon deurmekaar is.  Dit moet iewers tussen Edenpark en Colesberg wees, want ek vermoed hulle oornag Maandag in Colesberg.

Ons behoort darem seker teen vanmiddag/vanaand te hoor waar is hulle

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 22/08/2021 - 18:47

... jy's heeltemal korrek. Ons is vanoggend by Edenpark weg en het gery tot by Aldam waar ons net voor 16:00 aangekom het. En watter verrassing om 'n heel aangename (lees: 'nie koue') aand hier te hê. Dit is ongeveer 18:40 terwyl ek hier tik, maar ons sit nog buite. Die getroue ou Smokey Joe moet vanaand weer uithaal en wys wat hy met 'n 'kassler' tjoppie, boerewors en braaibroodjie kan maak.

Vir môre-oggend voorspel YR 'n heel lekker 10°. Ons beplan om môre-aand Onze Rust in Colesberg te probeer. Ek het nog nie gekyk nie, maar ek hoop dit is op die lys van oorde vir 'n resensie.

Môre-oggend beplan ons brekfis by die Wimpy in Bloemfontein. (Lapskag - as jy hier lees, is julle welkom om te 'join' - hierdie keer op my).

Oormôre-aand mik ons vir Karoo Nas Park en Woensdag huistoe - waar 'n koue (en reënerige) front vir ons wag vanaf Donderdag.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 22/08/2021 - 18:57

Pragtig om te kyk hoe die volmaan oor die Allemanskraaldam hoër en hoër styg. My ou selfoonkameratjie laat egter nie reg daaraan geskied nie. Nietemin, hier's 'n foto van ons staanplek vir die aand.

Aldam

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus