6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Die Boucher's en die Krugerwildtuin 2021

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.

Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.

Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.

Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.

Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.

Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.

Vaalpark

Johann L

Wed, 25/08/2021 - 06:20

More  Chris, veilig ry vandag, die laaste skof is waar ek gewoonlik haastig raak. Ja, mens se eie groot kooi is maar regtig welkom en lekker as jy weg was.

Worcester

Wildehont

Wed, 25/08/2021 - 10:11

Vandag is ‘n mooi dag vir sleep. Môre sou die wind julle gepla het en Vrydag kom die water. Saterdag sou julle egter waarskynlik mooi sneeu gesien het. Ek dink ons gaan Saterdag bietjie sneeu soek om in te speel. Ry veilig en geniet die tuiskoms. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/08/2021 - 11:12

Chris, dankie dat jy hierdie ou forumpie van ons lewendig gehou het die afgelope 132 dae want ek gaan jou daaglikse nuus stories baie mis.

Dit was 'n goeie besluit om eerder vandag huis toe te haas want wind, sneeu en reënstorms van môre af sou 'n groot risiko wees om met 'n karavaan te reis.

Vertrou julle reis lekker en veilig aan hierdie laaste trippie.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 25/08/2021 - 11:25

Vandag is 'n droomdag in die Karoo. Die koue was 'n bietjie knyperig vanoggend. Nou sit ons in die Wimpy in Laingsburg en wag vir ons brunch.

Ek sou graag langer wou kuier in die park, maar van môre af lyk dit of dit gaan lekkerder wees om die koue, wind en reën eerder by die huis te trotseer.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 25/08/2021 - 17:22

Ons is tuis by die huis. Ek sal seker môre, of selfs later, ietsie verder bydra. Tans is dié ouballie moeg van die uitpakkery. Voel of ek 'n vakansie nodig het.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 25/08/2021 - 17:31

Bly julle is veilig tuis. 👍

Dit is baie lekker om julle kampe te kan meemaak so van die rusbank met my Disprin in die hand nou dat ek so lanklaas gekamp het.

Dankie Chris, wag nou vir die laaste. 👍

pretoria

pieterc

Wed, 25/08/2021 - 19:47

Chris, ons gun julle n aandjie af. Die laaste paar dae was besig met baie ry.

Ek het lekker saam met julle gekuier en sien uit na die laaste stories.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/08/2021 - 20:10

Mooi so Chris  -  bly julle is veilig tuis.

Ek weet jy is 'n noukeurige rekordhouer van alles en glo jy sal dit nog aan ons oordra.  Wil jy nie net as 'n lusmakertjie uitlap wat is die totale afstand wat julle tydens die 132 dae gery het nie ?  Ag toe man !

Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 25/08/2021 - 20:58

ChrisB, as jy klaar uitgepak het en alles skoon is kan jy maar begin beplan vir die volgende toer. Daai een waar julle al die Parke in die Kaap wil besoek. wink

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 26/08/2021 - 14:17

Ek het nog so 'n paar dingetjies wat ek wil deel, maar ek poog net om 'n bietjie my voete te vind - en dan wil die siedende noordwes wat hier by ons waai jou nog van jou voete af waai.

Ek sal nog die syfertjies, waaronder totale afstand afgelê, hier plaas.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/08/2021 - 14:30

Chris, wat sê Stoffel die pappagaai oor julle terugkoms  -  ken hy julle nog ?

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 26/08/2021 - 15:00

Ek wonder of die ou ons nog gaan ken - of wil hê. Hy is tot agter sy ore verlief op my skoondogter.

Nee Len, die ou is nog nie tuis nie. Ons wag maar vir beter weer voor ons Grabouw toe ry waar hy steeds kuier.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 26/08/2021 - 16:18

Na aanleiding van Len se vraag; die totale afstand afgelê tussen 15 Apr (vertrek vanaf Kleinmond) en 25 Aug (arriveer in Kleinmond) was 9 623 km. Ek het nog nie die Hilux gaan volmaak nie, dus kan ek nog nie die totale brandstofkostes of gemiddelde brandstofgebruik gee nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus