133428 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 minutes ago
Len... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -28 minutes ago
Môre Chris ! Kgalagadi Oktober 2026 Len Loader -51 minutes ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Lekker gesels. Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago
Oppi Rivier Lakeview Lodge and Camping Rona du Plessis -9 hours ago

Strydoms in Kruger '24

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Fri, 23/06/2023 - 14:00
Forums

Middag vriende

Nou wag ek maar dat die besprekings oopmaak vir Junie 2024. Gister gebel en kan eers van 24 Julie af bespreek. 

Ons finale datums vir Julie'24 in Kruger is as volg;

Tsendze  9 tot 15 Julie

Satara     15 tot 21

Onder Sabie  21 tot 27

Berg en Dal    27 tot 29 Julie

Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/07/2024 - 18:04

Middag vriende

Ons het ongeveer 14h00 by huis aangekom. alles het voorspoedig gegaan en Grompie en LHK [love-hate-Kavango]laugh het toer oorleef.

Ek sal mettertyd lekker volledig verslag doen, met fotos. Wat ek wel kan noem is;

1] die N4 en Schoemanskloof was druk verkeer, eintlik trokke al die pad tot by Witbank.

2] al die kampe in Kruger waar ons was, is vol elke aand. B&D is gewilde kort naweek wegbreek vir Laevelders.

3] ons het 3000km gery die afgelope toer.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 29/07/2024 - 18:52

Hellooo Wessel.

Jy was regtig lank afwesig, en as dit nie was vir die maters wat namens jou ń ietsie kom plaas het nie, was jy tjoepstil.

Jy is  3 weke agter met jou verslae. Sien uit om te lees en fotos te kyk.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/07/2024 - 19:19

ek gaan maar vwerslag doen, soos wat dit voorkom.

Ons is Saterdagoggend uit Onder Sabie, en het die langpad geneem. Dit was doelbewus op na Skukuza en toe af na B&D. die 3 ure rit het teleurstellend min wild, amper niks, opgelewer. Sjoe, Afsaal is 'n gewilde bymekaarkom plek. Omtrent al die wildkyk-trokkies stop daar. Daar was amper geen parkering vir iemand met 'n woonwa nie. Die wag vir kos is ook baie tydrowend.

Einde ten laaste het ons wel gister die ou horingloses taakgeloop, sommer in die teerpad. 

Ons het gery tot by Malelane kampie se hek, wou gaan kyk hoe lyk die skaduwee situasie daar. skrik my boeglam toe die hek wyd oop staan. Daar is 'n nuwe tipe motorhek aangebring, en nou bly die hek oop. skoon vergeet om 'n foto te neem.

Ons het seker die lekkerste koelteboom gekry by ablusie nr 2. Sodanig dat ons nie eers gesukkel het met tent opslaan nie. Net vroegoggend bietjie son gekry.

stan

Kon die bokkie netnie in karavaan gelok kry niewink

bok

renosters

Sommer 'n foto van O.S se ataanplek nr 17. van die min waar mens jou wa met voertuig kan in tru-stoot, en net weer hak en ry. Ongelukkig lekker son gevreet. Dankie tog vir die verkoeling in wa.

staan 

 

 

 

 

Worcester

Wildehont

Mon, 29/07/2024 - 21:02

Bly julle is veilig tuis!
 

Ek let op beide foto’s op dat die slaaptent se stormseil nie opgesit is nie. Ek neem aan dit is omdat julle net vir ‘n aand of twee gestaan het?

Ek glo soos my Kavango girts die sytent se voorste deel vas aan die stormseil. As lg dus nie op is nie kan mens nie die sytent se dak staanmaak nie. Ons sit maar altyd die stormseil op. 
 

Ek het eenkeer by Vloedbos mense ontmoet wat die eerste keer met ‘n tweedehandse Kavango kampeer het. Hulle kon nie uitwerk hoe om die stormseil op te sit nie, en dit reën toe die aand. Die volgende oggend was die slaaptent baie nat en Salomien het gesien hulle hang beddegoed uit om droog te word toe sy gaan stort het. Sy sê toe ek moet hulle gaan help. Ek het hulle toe gewys hoe om die stormseil op te sit. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/07/2024 - 06:27

Môre Chris, ons slaan gewoonlik sytentdak en stormtent op as ons lank staan, soos by al die kampe, behalwe B&D die jaar. Ons sit ook die 2 kantseile op om son/wind af te sny.

Die foto by O.S. was die middag, voor ons volgende oggend sou vertrek, met afbreek. Ons los net die voorste bed en dak op vir laaste aand se staan, dan kan ons vroeg wegkom die vertrek-oggend.

In B&D het ons sommer so bloots gestaan vir die 2 aande, synde dat ons die koelteboom gehad het, en dit nie reentyd is nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/07/2024 - 07:07

Ek het juis verlede jaar die kragprop op Grompie vervang met 'n metaal ene, juis om te verseker dat die wa se prop gekoppel bly.

So stop die man met die boek my gister naby Bronkhorstspruit. Ek is salig onbekommerd want ek weet dat dit nie vir spoed kan wees nie, en alles is mos reg en het lisensies. Seg hy vir my, jou wa se ligte werk nie----hy kon sien want ek het by hom verby gery om te stop.

So kom ek agter dat die koppeling tog effe los vibreer en kontak verloor. Druk alles weer in en ligte werk. Geen boete, en die ou het my eintlik 'n guns bewys. Dit maak my bekommerd want ek maak staat daarop dat mense kan sien wat ek wil doen, veral van baan verander en rem trap.

Ek sal maar in die toekoms, soos goeie wetenskaplike die koppeling met maskeerband toedraai om dit te voorkom.

Vaalpark

Johann L

Tue, 30/07/2024 - 08:09

Welkom terug, ons (ek glo almal) sien uit na die verslae wat kom.

Wat die Kavango se opset betref kan ek nie saam praat nie, het nie ritssluiters wat wind seile en goed in plek hou niewink

Verkoop nou daai werk wa en kry 'n Penta, minimum werk, as jy kort staan lig jy die dak en is 100% gereeddevil

Brackenfell

HennieBo

Tue, 30/07/2024 - 09:23

Verkoop nou daai werk wa en kry 'n Penta, minimum werk, as jy kort staan lig jy die dak en is 100% gereeddevil

Kyk hoe kamp Geert met sy Fleetline. Net afdakke, weerskante van sy wa. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 30/07/2024 - 09:31

Verkoop nou daai werk wa en kry 'n Penta

... hy (en veral Marie) het lus vir werk wanneer hulle gaan kamp.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 30/07/2024 - 09:46

soos goeie wetenskaplike die koppeling met maskeerband toedraai 

Dis vir my nuus, draai wetenskaplikes graag goed wat nie behoorlik reg werk nie altyd met maskeerband toe ?

Is jou probleem nie dat jy die koppeling met allerhande goed TE  skoongemaak het nie ?  'n Mens moet mos nie krap waar dit nie jeuk nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/07/2024 - 12:05

Koop ek mos ewe Blixem elektriese kontak skoonmaak middel. Mense, het ek gesukkel---die goed smelt Brad Harison proppe. Die prop word dadelik taai en dan plak dit as droog word,  vas. Ek het omtrent gesukkel om die 2 proppe te ontkoppel.

Hennie: ek het selfs die bande afgeblaas, maar skud het ons geskud. Van die gewilde paaie is flenters gery, sinkplaat en gate.  

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/07/2024 - 12:19

Wat kan mens seg van die kamp, behalwe PUIK. Rodger en Evelina hou dit netjies en skoon. Elke oggend word braaier skoongemaak, soos in gewas. Ek het net 1 bekommernis daar, brand !!!! Tussen die staanplekke en rondom ablusie is baie droë gras en blare. As die wind 'n kooltjie daarin moet waai, is daar groot probleme. Ek het selfs 1 aand opgestaan, die wind het erg gewaai, en ek en nog 'n kamper het loop en vure doodgooi.

Baie groot troppe buffels en olifante gesien hier. 

buffel

oli

Ons staanplek, nr 28 in kamp. Kon nie Chris S se dogter se hop scotch baan kry niesmileySonpanele het heerlik krag voorsien tussen 08h15 en 16h30. Tog het ek maar my 2 kaste afgeskakel tussen 20h00 en 07h00.

staan

Met 'n middag rit op die S50, waar die S143 aansluit, het ons die geluk getref. Te lekker, net twee voertuie wat mekaar verdringlaugh

lui

Dan ook 'n eerste vir ons, elande in Kruger.

elande

 

 

 

Worcester

Wildehont

Tue, 30/07/2024 - 12:31

Ek stem saam, dis ‘n puik kampie. En daardie staanplek is ons nuwe gunsteling. Julle was omtrent gelukkig tydens julle verblyf daar. Ons het verlede jaar ook elande en ‘n luiperd daar gesien, maar nie vanjaar nie. Ons was in kruppel toestand met die olie-lekkende Ranger, maar het darem die twee jagluiperds gekry. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus