Forums
Middag vriende
Nou wag ek maar dat die besprekings oopmaak vir Junie 2024. Gister gebel en kan eers van 24 Julie af bespreek.
Ons finale datums vir Julie'24 in Kruger is as volg;
Tsendze 9 tot 15 Julie
Satara 15 tot 21
Onder Sabie 21 tot 27
Berg en Dal 27 tot 29 Julie
Volstoom oppad Kruger....
....toe.
Vanoggend weer die trok gekry, die pype leeg gesuig en kamera ingesit. Waaragtig daar vind ons dat die pyp van huis nr5 in sy hele 6m lengte 'n aantal "rods" in het. Dit is boonop deur 'n skerphoek forseer, teen die stroom in, die hooflyn op. Elke bleddie koppeling van die "rods" tree op soos 'n haakplek.
Volgens ons kompleks regulasies/voorskrifte is dit nou die eienaar se probleem verder. Ek het hom ingelig, en video gestuur, dat hy nou moet plan maak. Grompie gaan 8 Julie die pad vat wilde Kruger toe.
Goeie nuus Wessel !
Wat is 'n aantal "rods" ? Is dit boomwortels ?
Het jy nou bedank as administrateur van julle kompleks ?
Nou ja, nou kan jy…
Nou ja, nou kan jy terugstaan en ń dubbel skink!! Ek gaan ook netnou ń 3 vinger dop gooi op julle Kruger toer.
Die klas goete vreet aan ń mens, skoon simpel strooi, maar steeds.
Len...
...."rods" is die veerstaal [?] stange wat gekoppel word om die wurm wat wortels hak, in die pyp af te steek. Die wurm kan ook vervang word met 'n "plunger", stuk ronde rubber om pyp mee te vee/stoot.
Bedanking sal nog gebeur, ek wil nou net regmaak vir Kruger.
Lekker Wessel
Lekker Wessel....bly jou KNP planne gaan voort.
Dankie tog...
vir die goeie nuus Wessel. No.5 se eienaar moet nou roer om dit reg te kry voordat jy in die pad val, dan kan jy met 'n geruste hart gaan olifante soek
Nog 8 slapies
Nog 8 slapies dan is die Strydoms AL WEER aan die toer. Intussen word daar seker noukeurig lyste nagegaan en inkopies gedoen.
Lyk my tussen Wessel en Chris B is daar onderlinge wedywering aan die gang. Kyk nou maar hoe word vólgende jaar se beplanning reeds hier onder ons neuse gevryf.
Neef .....
... ek moet eers die volgende 3 maande tydens die Kaapse winter hier by die huis deursien. Maar ek kan nie help om te sê dat ek met groot opgewondenheid daarna uitsien om die "ou lady", na bykans 2 jaar se stilstaan, weer in Oktober na die Karoo Nas Park te haak nie. Maar volgende jaar se wildtuin-kuier lê nog te ver in die toekoms om nou-al daaroor opgewonde te raak.
Intussen sal ek my maar verlekker in Wessel en Geert se wildtuin-trippies wat net om die draai lê. Ek weet hulle sal deeglik (daagliks) terugvoering gee (altans ek hoop so). Wessel gaan mos daagliks Mopani toe ry (terwyl hy in Tsendze is) om sein te kry vir sy gereelde verslag. Hy sal ons nie teleurstel nie.🤪
Chris B...
...sal net Mopanie toe ry as brood, bier gedaan is. My voorraad wat ek saamsleep behoort ons te hou, tot ten minste in Satara
Net soms dink ek, ons is deur die wildtuin [maan] gepla om so lank van huis te wees.
Wessel ...
... nou wat is nou só lank aan skaars 3 weke in die wildtuin? En jy hoef nie eens oor te bly op pad daarnatoe en terug nie!
Jy soek vroeg verskoning vir die eerste 6 aande se klaarblyklike (verwagte gebrek aan) terugvoering. Mopani is slegs 8,2 km vanaf Tzendze se hek en is buitendien 'n uitstekende stuk gedeelte vir olifante in die pad.
Chris B
Soms wonder ek self, wat gaan soek ek daarbo tussen die Mopanie bosse en olifante. Ek hou egter van Tsendze, sou eerder Balule toe gaan, maar Marie verkies Tsendze.
Ek bedoel eintlik dat 'n maand breek tussen toere effe kort is, veral as jy met ander mense se bollie opgeskeep sit.
Balule se donker ablusie
Wessel, Marie het 'n punt beet oor Balule se donker ablusie, maar 'n mens kan baie maklik 'n lekker sterk LED draagbare-batterylig saamneem. Ek het op dié manier Annatjie se bekommernis tot ruste gebring.
Len...
...dis ook die lampoliereuk wat haar vang. Ons het van daardie lekker sterk LED-lanterns, wat oral saamgaan.
Baie handig met ons wisselvallige kragvoorsiening.
Tsendze
Chris S was so gaaf om die son se beweging en beskikbaarheid omtrent uurliks vir my te fotogradeer. Hy staan opgeslaan onder 'n lieflike groot boom, terwyl die grootste deel van staanplek 28 lekker volson het.
Ek kon onthou dat nr 28 baie sonnig is, maar die koelteboom boonop, is 'n bonus. Ek raak sommer opgewonde oor volgende week.
dinge vorder
Vleis aankope afgehande, negosie aangekoop, en die groot bak amper klaar.
Die groente terte en die sjokolade peodings is ook in 2 persoon porsies gebak en verpak. Môre moet die kleinkoekies nog aangekoop word. Grompie en die Kavango gaan weer styfgeprop word.
Ons eet nie luuks nie, maar Marie hou van groente bykosse, waar ek net met vleis, brood en pap kan klaarkom.
Wessel.
Dit is daai inpak en wegterk wat my trek
Ek is bly...............
..............oor die vordering Wessel. Julle doen dit soos ek ook daarvan hou !
Dis ook 'n lekker gevoel om in te gaan by die Wildtuin terwyl die hordes toeriste wat betyds moet terugkeer voor die skole begin - en julle kuier begin dan eers !
Nog net 3 slapies, Wessel?
Ek dink julle voorbereiding is feitlik afgehandel teen hierdie tyd en die opgewondenheid baie groot
Nou moet nog net die tyd omgaan.....ai!
Rona...
...ons spook nog met kompleks dinge. Moes eers hele namiddag tot 18h00 toesig hou om 10-draad [1m hoog] elektriese sekuriteitsdraad aan te bring waar booswigte Dinsdagoggend 03h00 oor die 2.5 m muur geklim het.
Woonwa staan darem al voor die huisie. Môre sal pakkery in alle erens begin. Wa is gewas, voorkant is gepoleer om windweerstand te verminder
en die dak is ook skoon.
Verwelkomingskomitee
Ons laaste vol dag by Tsendze op nr 28 het ons ‘n kuiergas gehad. Die ou was maar knorrig. Hy het ‘n mock charge gedoen toe Kara na waar hy na nr 27 se kant toe was loop op die paadjie langs die heining. Ek het mooi met hom gepraat en verduidelik dat ons hom nie wil pla nie. Toe kom hy nader en wei voor 28. Verskoon die kinders se onderklere op die eerste foto, daar is nie ‘n wasgoedlyn by Tsendze nie. Dit was darem agter die Kavango opgehang. Hy staan agter die twee kledingstukke aan die regterkant. Later het hy aanbeweeg na 29 se kant, en hom lelik vervies toe die mense daar te hard praat. Toe loop hy dieper die bos in. Ek hoop hy is daar om julle Dinsdag te verwelkom.
