6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -43 minutes ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -17 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/04/2023 - 11:57

Ek is inderwaarheid verbaas vir die hoeveelheid Amaroks wat verkoop is. Gewoonlik is die syfer heelwat laer. En die Nissan Navara is al vir 'n baie lang tyd  een van die swakker verkopers, maar Wessel het nie lekker gekyk nie - die Navara-verkope was in die 27ste plek met 475. Dit verstom my dat Mercedes en Peugeot die Navara as basis gebruik het vir hulle dubbelkajuit-bakkies.  Nie een van hulle kon tot dusver suksesvol van die grond af kom nie.

Ek sien selfs die Mahindra bakkie verkope (966) is in die 12de plek.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/04/2023 - 14:00

Australia, die skakel waar ek dit gekry het.

Check this page for regular updates on the best-selling cars, with March 2023 top-sellers listed below:

  1. Toyota Hilux
  2. Ford Ranger
  3. Isuzu UTE D-Max
  4. Mitsubishi Outlander
  5. Tesla Model Y
  6. Mazda CX-5
  7. Subaru Forester
  8. MG ZS
  9. Toyota RAV4
  10. Isuzu MU-X

 

Wessel, watter web het jy gebruik ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/04/2023 - 14:05

Skakel.

Top selling new vehicles — March 2023

  1. Toyota Hilux — 3,920
  2. Isuzu D-Max — 2,289
  3. Ford Ranger — 2,247
  4. VW Polo Vivo — 2,016
  5. Toyota Corolla Cross — 1,839
  6. Toyota Hiace — 1,541
  7. Toyota Fortuner — 1,409
  8. Nissan NP200 — 1,404
  9. Toyota Starlet — 1,276
  10. Suzuki Swift — 1,248
  11. VW Polo — 1,008
  12. Mahindra Scorpio Pik-Up — 966
  13. Hyundai Grand i10 — 957
  14. Haval Jolion — 940
  15. Chery Tiggo 4 Pro — 918
  16. VW T-Cross — 850
  17. Renault Kiger — 842
  18. Toyota Corolla Quest — 753
  19. Nissan Magnite — 682
  20. Kia Sonet — 670
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/04/2023 - 15:06

Die ene hierbo, sommer uit ons plaaslike koerante. Onthou ek het sommer my fokus areas uitgelig in my inset.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/04/2023 - 17:12

Middag Willem en ander 

Ek het 'n toets van die Mahindra in nuutste WegSleep  nr 54 gelees. Die ou was ook be-indruk daarmee. 

Kaapstad

Rusty

Mon, 10/04/2023 - 15:13

Ons het seker dertig of meer Mercedesse gehad in die familie, sedert die 1960's tot so ongeveer 2000.   Dit was nooit ontwerp as 'n sleepvoertuig nie en sal dus teleurstel.  Tog get my ou 240D/A die meeste van sy 768,000 km met iets aan die sleephaak afgele.  Jip, Salomo het van hom geskryf dat "vreeslike dinge sal op die pad wees, en ook sal hy bang wees vir die hoogtes."   Hom het ek net op een manier gery:  Mexican speedocruise.  Die profiel van die landskap het verander wat op die spoedmeter aangaan, maar my voet het in die hoek gebly, met groot goed agter.  

Deesdae se 2.9l reguit sessilinder Mercedes-enjins maak 243 kW en daar is 700 sterk manne al op 1200 r/min, dus sleep hulle sommer baie lekker.  Anderdag gelees van 'n ou wat bang is om sy swaar boot agter sy G400d te sleep; maar hy vergeet dat die kar gemaak is van vrekvry staal, met die hand gesweis en 2.5 ton weeg.  Ek sal die QM2 daarmee uit die water trek as dit moet. 

'n Viersilinder petrolenjin gaan altyd swaar trek, maar 'n V6 ook.   Gebruik 'n reguit 6 of 'n V8 waar jy kan.   My slegste sleep ooit was 'n sestienvoet Sprite agter 'n drieliter V6 Ford, ook sonder vrag.  Die ding wou nie die bulte uit nie; by die Hugenotetonnel aangekom, wou die ding kook net daar waar jy by die laaste stilhou verby is.  En Bakoondshoogte anderkant Ashton was 'n gebedsaak.  Boonop begin die Sprite te swaai en ek het gedink ek gaan lemoenboorde toe.  Nie weer 'n V6 Ford nie, dankie!  

Ford het op 'n kol die ZG Fairlane gemaak, rondom 1974 se koers, met reguit ses, vyfliter Windsor V8 en dan die 5.8l Cleveland V8.,  Dis daai Cleveland waarmee mens Wilk, Turenr Swift of Gazelle kon sleep. 

Die eerste 3.8 Landcruiser (Husky enjin) het net so graat top gasket geblaas of sommer die top gekraak.  Ons familie het nogal baie gesleep met Holden Premier, Chev Kommando, klein viersilinder Chevs soos 2.3, 2.5, ens. 

In die familie 'n Isuzu-Dieselbakkie met 'n miljoen myl op gehad in 1987 en sleep nog altyd van die grootste perde in die land van een skou na die ander.  Die perd is 19 hand.

Op Gouda gesien hoedat 'n vragmotor met drie skaapdekke stasie toe gesleep word van Zonquasdrif af met 'n vlerkie Mercedes.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/04/2023 - 16:01

.............begin sleep het, het ek my Caravette 6 en later Penta met 'n gewone 4-silnder petrol Mercedes'e gesleep, sonder enige probleme.  Daarna met 'n Nissan Sani SUV 3 liter 6 silinder petrol, handrat  -  ook sonder enige probleme, veral tussen Zimbabwe en Suid-Afrika toe ons nog daar gewoon het.  Dis een van die redes hoekom ek vandag nog met 'n Nissan SUV sleep.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 16:37

.....nou wat is jou ervaring van turbo diesel bakkies, as 'n sleepvoertuig. Dink jy vandag se Isuzu's sal ook daai perd so moeitevry kan rondsleep.

Wat is jou huidige sleepvoertuig wat jy wil/gaan inspan om by daai afgesonderde rivieroewer te kom ??  

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/04/2023 - 17:58

Die ou 240 d Merc het maar hier by 50kw gehad !!!! Soos ek al gehoor het praat die manne van n treurige sleeding "hy kan nie die skil van die custard af trek nie"Wragties.

Ek het so Ford v6 gehad, en op sy tyd het hy bledie lekker gesleep. Jurgens Manjefiek of die boot. Miskien het joune n tune up nodig gehad, klink of die ontstekingstyd ?? dalk bietjie vroeg was met die warm word. Hoop dit is die regte woord vir "ignition timing"

Stem dat n reguit 6 n lekker enjin is, maar o wee, oorle pa het n Valiant V200 gehad, met n Kudu karavaan agter, Ai tog, hy het die 3spoed ratkas rooiwarm gewikkel om aan die beweeg te bly. Ek glo die dubbel deur Kudu was met bitter swaar  wa gewees, daar was gemaklik slaapplek vir die familie van 6.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 19:30

Julle manne laat my nou dink aan die dae toe die Hi Ace en Kombi manne vir hulle V6 Ford enjins laat oorplant het. 

Skielik het Kombi's met groot verkoelers voor op die neus rondgery. 

Die ombouiings was ook nie altyd 100% suksesvol nie, maar die ouens het gewikkel af see toe met 'n woonwa.

Kaapstad

Rusty

Mon, 10/04/2023 - 19:51

Net soos met IT en programmatuur, was my motors altyd perfek ingestel.  As jy aan die sleutel raak, dan loop die masjien.  Op 'n kol het Metcedes-Benz gevra wie my kar ingestel het, want dis beter gedoen as met hulle masjiene. 

 

Ek het drie sleepervarings met drieliter V6 Fords gehad en was nog nooit beïndruk nie.  My 2.3 4silinder Chev het die lang bult by Theewaterskloof baie beter geklim. 'n V6 het inherent nie wringkrag by lae rewolusies en en net 'n supercharger gaan dit regstel.   Wonder juis hoe goed die Mazda V6e in die TLC300 gaan vaar.  Die 4.5l V8 Diesels was dors en gevrek, maar lyk my die turbo's en slimdrade van Mazda gaan beter sleep.

Kaapstad

Rusty

Mon, 10/04/2023 - 20:11

Die BT-50 is gewoon 'n Isuzu-bakkie met ander blinkgoed op.  

My ou 240D was swak, maar het in rekordtyd 'n spoedboete gekry, want kW sell cars, but torque win races.  Jou kar se Nm tel punte by sleep, nie soseer kW nie.  Enn Watt = een joule per sekonde, dus is tydsduur ter sprake.  Wringkrag, oftwewel draaimoment, is die krag wat die mashjien lewe en kW wys net hoe vinnig dit daardie krag maak.   My ou 240D kon verseker die velletjie van die vla aftrek; die manne wat sulke praatjies maak, verstaan gewoon nie basiese fisika nie en is waarskynlik brandewynaangedrewe.  Ek steur my nie aan sulke praatjies nie - mense moet feite tafel toe bring. 

Enige Isuzu, nuut of oud, kon lekker sleep, party net vinniger as ander, maar waarskynlik verder as enigiets anders.  Die nuwe 4JJ3 enjin is gereken vir 500,000km deur onafhanklike evalueerders.  Onthou dat Isuzu die wereld se grootste Dieselenjinvervaardiger is en wat enjins vir baie ander handelsmerke maak.  Isuzu het op een stadium 'n reuse aanleg in Hokkaido gehad waar hulle uitsluitlik Toyota Dieselenjins vir Europa gemaak het. 

Ja, my 240D het twee weke geneem van 0-100, maar het 768,000 probleemvrye km gegee. 

Worcester

Wildehont

Tue, 11/04/2023 - 06:40

Ja dis swaar op brandstof, maar die Prado 4l V6 sleep soos ‘n droom. Jy moet hom net reg ry en so raps bo 100km/h GPS spoed hou, dan sak hy nooit onder daardie spoed nie. Nie eens teen die steilste opdraende nie. En verbysteek is belaglik maklik. Sit net voet in die hoek en dit lyk of die vragmotor wat jy verbysteek stilstaan. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 07:36

Môre vriende

Daai MB240D was sekerlik 'n staatmaker, later kon mens ook die 200D kry. 

My vriend het ook ene gery, baie spoedboetes gekry in die 40km/hr sones.laugh

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 11/04/2023 - 07:58

Jy is reg Rusty, verstaan ook daren so bietjie. Moes gaan opsoek, die 240d het  140Nm wringkrag.

Deesdae se diesels is baie kragtig, maar sal beslis nie so lank hou soos n "understressed " model nie. Alhoewel... my buurman se 2,4 Toyota D4D nou naby aan 500 000km staan.

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Tue, 11/04/2023 - 08:34

Môre almal. Ek het met n Isuzu KB 3.0 XL tdi d max gesleep voor die Q7, en hy het my Regal soos n droom gesleep. Isuzu was vir my nog altyd n kookwater voertuig. n Nimmereinder. 

Irene

Grootwind

Tue, 11/04/2023 - 11:16

Ek verskil van die algemene stelling deur Rusty dat 'n V6 'n slegter sleepvoertuig maak as \n reguit 6. Die groter prentjie is effe meer ingewikkeld! Wat die Ford V6 (ek neem aan hier word na die Essex enjin verwys en nie die nuwer ontwerpe nie) aanbetref was dit (vir sy tyd, en mens moet daarna kyk om dit binne konteks te sien) gesien as 'n kragtige enjin, rondom 103 Kw en 237 Nm (angel). As 'n sleepvoertuig moet mens na die groter prentjie kyk, ratkas en ewenaar verhoudings ingesluit. Die destydse V6 Cortina was nie verniet bekend as die "Big Six" nie! Wat  6 silinders aanbetref het ek oa. met 'n Audi A4 (2.4l quad cam V6) en 'n Territory (4.0l reguit ses) dieselfde karavaan (Fleetline L) gesleep. Die Audi was alles behalwe 'n donkie en het die Fleetline heel gemaklik gesleep, so ook die Territory (om te vergelyk, Audi V6 daai tyd was rondom 125kW en 230Nm, en die Territory rondom 190 kW en 383 Nm) - en beide het ook 'n drink probleem gehad! Maar dan moet mens byvoeg dat daar 10+ jaar tussen die twee enjins was. Die Terri se enjin het die eerste keer verskyn in die destydse Ford Falcon, toe was dit 'n enkel nokas en het rondom 157 kW en 357 Nm gelewer. Uiteraard was die Territory (vir my altans) die beter ene van die twee, egter niks te make met V6 of reguit 6 nie, wel met spasie. En kom ons wees ook nou maar eerlik, die Ford Essex V6 enjin was 'n legende in sy tyd! (met die klem op "sy tyd"!)

Kaapstad

Rusty

Tue, 11/04/2023 - 12:01

Syfers werk nie, kom net oor die bult. V6 het agv wette van fisika nie torque op lae revs soos 'n reguit 6 of V8 nie.  Jy kan dit nie regpraat of wegpraat nie, fisika is fisika. 

 

Dis hoekom daai fluweelsagte 4.0 Prado V6 bo 100kmh moet bly, ter wille van gunstiger wringkrag. 

 

Ford se bemarkers het die brandewynbrigade lekker uitgevang met hulle Big Six naampie.   Mercedes se 230E W123 het meer krag uit 'n 2.3 viersilinder gehaal. 

My ou 240D het net 140Nm gehad, maar dis die enigste kar waarmee ek ooit 'n spoedboete gehad het, en nie in 'n 40 sone nie.  Aanhouer wen, 768000km verder was hy soos nuut.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus