6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -43 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -9 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -18 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester

Wildehont

Sat, 05/08/2023 - 01:27

Dit kom eers volgende jaar SA toe. Ek hou nie van die vorm nie, dit laat my aan ‘n kruising tussen die nuwe Defender en ‘n FJ Cruiser dink. Die sleepvermoë is ook maar treurig ivg met huidige bakkies en die nuwe Everest, en die enjins maar papperig en daar is geen ses-silinder nie. Lees hier meer. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/08/2023 - 07:14

...of sandkleur ene met die ronde ligte sal mooi voor my Kavango lyk.

Dalk sit hulle die 2.8 Hilux GR se masjien plaaslik in, dan het jy baie krag en wringkrag

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/08/2023 - 08:03

Môre Chris S

Ek het 'n soortgelyke bekendstelling in Daily Maverick nounet gevind.

Die LC70 word ook met paar veranderinge aangebied. Die kom uit met 'n 2.8Tdiesel masjien. Dit is nog mooier as die rondelig Prado, vir my altans. Volgens die DM-artikel het die kopers omtrent Toyota gesmeek om nie juis te verander aan die LC70 nie.

Die Prado's is blykbaar beskikbaar met 4 enjin tipes;

2.7 petrol  120kW en 246Nm 

2.4 petrol [?] turbo 207kW en 430Nm

2.8 diesel turbo 150kw en 500Nm

Dan blykbaar kan van die masjiene ook 'n elektriese motor bykry.

 

Worcester

Wildehont

Sat, 05/08/2023 - 09:00

Dis jammer dat Toyota so konserwatief is. Hulle detune die enjins opsetlik om dit langer te laat hou. Met ‘n lekker fris enjin soos die 4l V6 werk dit, want daar is steeds hope krag en wringkrag. Maar daardie 150kW diesel in ‘n swaar Prado gaan nie so lekker ry soos in ‘n Hilux nie. Gelukkig hoef ek my nie daaroor te bekommer nie, want enige nuwe voertuig is ver bo my vuurmaakplek en my ou Prado lewer 179kW wat meer as genoeg is vir my toepassing.

Die 70 trek my nie aan nie. As jy eers bederf is met ‘n Prado se rygerief en - genot stel jy nie meer belang in skud en poer-poer nie. Ek klink nou verwaand, maar bedoel dit glad nie so nie. Die Prado 120 is net ‘n vrek lekker voertuig. Ek is baie bly ek het uiteindelik een aangeskaf. Ek het vir baie lank skelm na hulle geloer en opgelees oor hulle. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/08/2023 - 09:48

....by ons ou verkrompe konserwatiewe boere wat nog in Wes Transvaal bly, en aan die HNP behoort. Dit is nou Hunker Na Pensioen.

Ek vind dit uiters vreemd [insiggewend] dat die enjin van eseltjie [2.7 petrol] vir die Prado ingespan gaan word. Daai masjien is net 'n kanniedood, net baie dors.

Ek het nog altyd 'n baie sagte plekkie vir 'n V6 Prado, net jammer dit het nie gepas in 'n HNP ou se beursie nie. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 05/08/2023 - 17:37

Gelukkig het hierdie  pensionaris tyd vir poer poer dit help om tyd te kry, en die scenery te geniet. En alhoewel ek een van die nuwer Discoverys gehad het, net baie meer krag en wringkrag as n V6 4l, verkies ek die 70. My toerspoed gaan nou selde by 110km/h verby, ek voel net gemaklik, seker ook ouderdom. En vandag se volmaak teen die spoed het ek 9,9km/l gekry, nie te vrot nie, paar bottel wyn verniet gekry smiley

Pasop vir uit die mark raak, dan is opvang baie duur. Ek het so gevoel in my lyf dat vandag se hiper moderne motors met die baie elektronika en kompleksiteit, nie vir langer as 10 jaar op die pad gehou kan word nie. Ek het gehoor dat vervaardigers slegs onderdele vir 10 jaar voorsien.

 

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/08/2023 - 18:51

...dat diesel nog lank beskikbaar gaan wees in die land. 

Ek sien nie kans vir opgradeer nie, veral na hibriede of vol elektries nie. Net perdalks maak ek die sitplek nat, 3en die aardlek skop uit.laughOf die voertuig gaan staan met boodskap----druk "control, alt delete" en wag om te "reboot'.

Was die paar bottel wyn as troosprys vir die swak brandstofverbruik, jou LC70 is mos nie petrol nie, of is dit.laugh

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/08/2023 - 07:36

Môre Herman

Daardie Poer Poer Diesel van jou is 'n rariteit.

Volgens die grootboek van Toyota op die internet, is dit deesdae net te vinde in van die LC bakkies en die LC78, die wagon model. 

Volgens Toyota is verbruik rondom 8.2km/l, dus is jou 9.9km/l 'n paar bottels Boplaas port werd. Dit moet daai Chrome tailpipe wees wat jy op het. Sekerlik het jy nie 'n gepoleerde "banana branch"  op nie. laugh 

Worcester

Wildehont

Sun, 06/08/2023 - 19:13

Ek is maar net grootbek omdat ek op ‘n gevorderde stadium van my lewe vir die eerste keer ‘n V6 gekoop het. Voor dit was my sterkste en grootste voertuig die Everest met sy 110kW. Maar afgesien van die poeier, ry die Prado eenvoudig soos ‘n droom. Vandag weer myself bederf kerk toe met haar, en daarna PnP en apteek toe. Selfs net hier in die dorp was dit pure genot. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/08/2023 - 07:01

Môre Chris S

....die waarheid nou tog uit: " lank skelm na hulle geloer en opgelees"

Ek sien jy noem jou dorpsrit gister was ook "pure genot". Seker maar omdat jy net kerk, apteek en winkel toe was. Ek lees dat jy nie by 'n vulstasie aan was nielaugh

Ek moet jou darem terg, ek voel oor jou met jou Prado [Toyota], net so gelukkig as 'n predikant oor 'n gemeentelid wat na jare eindelik kerk toe kom. laugh 

Worcester

Wildehont

Mon, 07/08/2023 - 09:39

Ek lees dat jy nie by 'n vulstasie aan was nie

Dis nog ‘n lekkerte van die Prado, mens hoef net helfte so gereeld vulstasie toe te gaan met die twee 90l tenks. Jong, dis maar die premie wat mens betaal vir die plesier. Ander manne betaal ‘n maandelikse premie op die finansiering van hulle voertuie met meer ekonomiese verbruik, ek betaal dit darem net by die vulstasie wanneer ek gaan volmaak. 
 

Ek het lekker geglimlag vir die onderstaande:

ek voel oor jou met jou Prado [Toyota], net so gelukkig as 'n predikant oor 'n gemeentelid wat na jare eindelik kerk toe kom. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/08/2023 - 15:22

Hello Chris S

Dit lyk baie spoggerig. Ek kan my daarmee vereenselwig. Hulle moet net die masjien se volume effens vergroot

Worcester

Wildehont

Wed, 16/08/2023 - 15:57

Hulle moet net die masjien se volume effens vergroot

Ek dink ook dis effens flou, maar my vriend sleep sy Penta sonder moeite met sy 2,2 Everest en het ook die swaarder Commander redelik lekker daarmee gesleep. Net bietjie spoed verloor teen opdraendes.  

Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/08/2023 - 17:49

Ek het gou gaan kyk op internet, dit gaan dieselfde masjien wees as tans in die Karoolammetjies.

Hulle wurg egter nou daardie masjien om die krag en wringkrag te verhoog tot 129kW en 400Nm. Die huidige masjien lewer 10pkW en 350Nm. die 400Nm is beslis meer as voldoende vir 'n middelslag woonwa. 

My Duitse  werktuigkundige het juis gister vir my gesê dat die klein masjiene met groot uitset, risiko's inhou. Ek het hom gepols oor die 1.9 TD Isuzu, soos Peoquet en Fiat ook. Hy is selfs bekommerd oor die 2l biturbo masjiene van Ford en VW.

Almal is sekerlik geregtig op 'n mening, ek sal maar my ou klein masjientjie 2.4TD met handskoene hanteer.

Terug na die nuwe Mahindra, ek wonder wat dit gaan kos en hoe die met middelslag Hiluxe en Rangers gaan vergelyk. 

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/08/2023 - 19:16

...ekselwers gaan plan maak met my sleep deur die Karoo om êrens egte Karoo skaapvleis te proe, en/of bietjie te koop. 

Jy, as amper vader van vele, sal binnekort moet belê in 4x4 stootwaentjie, vir die tweeling. Dit was natuurlik van vergrepe aan 'n ander tipe skaap.laugh 

Worcester

Wildehont

Wed, 16/08/2023 - 21:56

die klein masjiene met groot uitset, risiko's inhou

Veral in ‘n swaar voertuig wat boonop amper 2 ton sleep alles in ag genome. Eerder ‘n groter masjien wat bietjie gedetune is om langer te hou.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus