Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Goeie nuus toe nou vandag...
Goeie nuus toe nou vandag.
Ek het die dak klaar geseel met stonechip ook vandag. Ek kyk toe maar wat nog als reg gemaak moet word binne, dis net so klein deel van die muur agter wat moes vervang word, die buite lig se skakelaar moes in gesit word en getoets word. Die laaste plank moes vas onder die bed. Ek is klaar binne met al die regmaak werk.
Nou is dit gatjies toe maak waar ek verander het en so bietjie seel met silicone, dan kan ons oor 2 weke begin verf binne. Daarna het ek klein bietjie werk buite om reg te maak. Ek is nou in die wolke, ek het bietjie moedeloos geraak, maar die afvat het gehelp.
Vandag se fotos.
Dak se skewe GT strepe.
Die laaste vrot deel van die muur agter die venster vervang
Buite lig skakelaar
Ek het die konneksie al 'n hele ruk terug in gebou vir die buite lig.
Binne die hangkas.
Buitekant. Geseel met silicone vir water
En daar is 2 rubber doppies vir beskerming teen water terwyl die wa gesleep word of nie gebruik word nie
Die wit plank onder die bed is ook nou vas
Dankie vir almal se ondersteuning hier
Amper daar. Binnekort gaan…
Amper daar. Binnekort gaan dit mooi lyk
Vandag gatjies toe gestop
Volgende week is dit glad skuur, uitsuig, af was, toe plak en begin mure verf. ![]()
Die 'Ou Lady' is nou 'Ou Spotty' binne.![]()
Het darem al die verf vir die mure, kort die verf vir die kassies.
As die wa klaar
As die wa klaar is Gerhard gaan hy spiekeries wees
Wat het geword van die foto…
Wat het geword van die foto wat ek geplaas het van die een hier oorkant jy ?

Verf werk binne het begin...
Verf werk binne het begin, die "Ou Lady" kry nou haar nuwe kleure binne. ![]()
En vir die eerste keer kon ek in die donker sien hoe helder die nuwe LED ligte binne is. ![]()
Voor.
Agter
Wow Gerhard, daai Ou Lady…
Wow Gerhard, daai Ou Lady word mos nou 'n Queen, baie mooi.![]()
Baie netjies Gerhard, jy…
Baie netjies Gerhard, jy vorder nou mooi.
Een van die dae kan jy terug…
Een van die dae kan jy terug staan en trots na jou handewerk kyk.
Lyk goed sover
Die naweek...
Die naweek gaan daar geen werk vordering wees nie. Ons het besluit om nie te verf nie weens die klam weer, wil nie droog maak met die verf werk nie. Gaan maar more nodige aandag aan die kar se probleme gee.
Geen vordering...
Geen vordering weens 'n varkie nie. ![]()
Sal hopenlik volgende week weer werk.





Nou net die stonechip op verf
Al die skroewe is in en ek het seker gemaak daar is genoeg silicone dat die dak nie weer lek nie.
Hier kom nog stonechip oor more vir ekstra beskerming.