Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -3 hours ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Fri, 10/08/2018 - 21:11

Al die skroewe is in en ek het seker gemaak daar is genoeg silicone dat die dak nie weer lek nie.

Hier kom nog stonechip oor more vir ekstra beskerming.

dak

dak

dak

dak

 

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 11/08/2018 - 19:47

Goeie nuus toe nou vandag. smiley Ek het die dak klaar geseel met stonechip ook vandag. Ek kyk toe maar wat nog als reg gemaak moet word binne, dis net so klein deel van die muur agter wat moes vervang word, die buite lig se skakelaar moes in gesit word en getoets word. Die laaste plank moes vas onder die bed. Ek is klaar binne met al die regmaak werk. smiley Nou is dit gatjies toe maak waar ek verander het en so bietjie seel met silicone, dan kan ons oor 2 weke begin verf binne. Daarna het ek klein bietjie werk buite om reg te maak. Ek is nou in die wolke, ek het bietjie moedeloos geraak, maar die afvat het gehelp.

Vandag se fotos.

Dak se skewe GT strepe.

dak

dak

dak

Die laaste vrot deel van die muur agter die venster vervang

muur

Buite lig skakelaar

lig

lig

Ek het die konneksie al 'n hele ruk terug in gebou vir die buite lig.

Binne die hangkas.

lig

Buitekant. Geseel met silicone vir water

buite

En daar is 2 rubber doppies vir beskerming teen water terwyl die wa gesleep word of nie gebruik word nie

lig

Die wit plank onder die bed is ook nou vas

bed

Dankie vir almal se ondersteuning hier

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 25/08/2018 - 13:21

Volgende week is dit glad skuur, uitsuig, af was, toe plak en begin mure verf. smiley

Die 'Ou Lady' is nou 'Ou Spotty' binne.wink

Voor

lig

agter

rakkie

rakkie

Het darem al die verf vir die mure, kort die verf vir die kassies.

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 25/08/2018 - 21:46

Dankie Sleep nou.

Oom Willem, dankie vir die foto. Daai een lyk baie mooi. Ek sien die spaarwiel is ook voor op gesit waar ek myne wil monteer. Ek sien ook die oorspronklike 13" duim wiele is op met die chrome doppe. Sal nice wees om binne te sien.

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 01/09/2018 - 19:49

Verf werk binne het begin, die "Ou Lady" kry nou haar nuwe kleure binne. smiley

Voor

dak

dak

 

Voor

Voor

Voor

deur

kas

En vir die eerste keer kon ek in die donker sien hoe helder die nuwe LED ligte binne is. smiley

lig

Voor.

Voor

Agter

agter

 

 

 

0
Elarduspark

GerhardM

Fri, 07/09/2018 - 22:29

Die naweek gaan daar geen werk vordering wees nie. Ons het besluit om nie te verf nie weens die klam weer, wil nie droog maak met die verf werk nie. Gaan maar more nodige aandag aan die kar se probleme gee.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus