Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.
Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.
Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.
Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.
Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.
Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.
Nou weet ek....
....ook hoe om so 'n ongeval te hanteer.
Gelukkig het jy "heelhuids" daarvan afgekom, voordat iemand kon vra waarna kyk julle![]()
Daai buzzer!!!
Dankie vir die info oor die lawaai as mens sonder gordel ry. Dit sal die 1ste foefie wees waarvan ontslae geraak word, dis nou as die 2.4 Raiders dit dalk ook inhet.
Nee wat Chris, ek glo Groot…
Nee wat Chris, ek glo Groot Wind het dit tong in die kies gesê?
Dit is 'n natuurlike situasie van van 'n ongewenste ontwikkeling wat jy beleef het, ons het dit almal al oor gekom. As die nood druk, druk hy.
Jy is een van die groot storie vertellers hier, bly net waar jy is.
Ek en Nellie het lekker…
Ek en Nellie het lekker gelag oor die nat poep, daar was niks gesê by die Wimpy van die ene nie. Om die gordel se liggie en groot bek stil te hou is amper maklik, sit die gordel in sy plek asof hy vas is en los hom daar. Sit dan bo op hom. Ek dink dit kan werk of hoe.
Lapskag ....
.... selfs al sou ek aan die betrokke voorval gedink het tydens verlede Maandag se Wimpy brekfis in Bloemfontein, sou ek nie aan tafel daarvan vertel het nie. Julle sou dalk jul eetlus verloor.
En ja - jou plan van die sitplekgordels werk. Ons het dit reeds gedoen. Maar tog laaik ek die "buzzer" wat my waarsku dat ek MY wildtuinspoed oorskry. Die ander waarskuwing dat ek my voorgenome spoed oorskry is die deure wat outomaties sluit sodra ek vinniger as 25 kpu ry.
Dit is maar net eenvoudig so - stadig ry in die wildtuin laat jou die klein natuurwonders makliker raaksien. En as jy sleep tussen kampe is dit baie moeilik om te "reverse" as jy iets gemis het.
Sitplekgordel alarm
Maar die nuwe rygoed is vrygewig! My 2007 RAV4 begin al teen 20kph op my skree. Gelukkig het die Everest nie sulke gevorderde tegnologie nie, so ons kan sonder gordels ry in die wildtuin. Ek jaag soms teen tot 30kph op wildritte, so die Hilux se stelsels sal ek moet omseil.
Chris B, dit sal n baie…
Chris B, dit sal n baie groot leemte in die forum wees sonder jou met al jou waardevolle insette. Jy, Chris S en Len is bobaas wildtuin storieverteller. Ek interesseer en leer uit julle insette. Lekker om saam met julle te toer
Brandstofkostes en -verbruik
Almal weet al teen hierdie tyd dat ek maar 'n stadige sleper is. My sleepspoed is 90 kpu GPS-spoed, wat op die Hilux se "speedo" 97 kpu aantoon. Almal weet ook dat ek met 'n 2.8 GD-6 Hilux dubbelkajuit auto (4x2) sleep - en seker 90%+ van die tyd gebruik ek "speed control". As ek 'n ander voertuig moet verbysteek (meestal vragmotors) trap ek maar net die versneller in en skiet verby. In sulke gevalle oorskry ek uiteraard die 90 kpu reël wat ek vir myself gestel het.
My totale brandstofkoste vir my afgelope vakansie het R15 428.85 beloop. Ek het 923.92 liter diesel heen en terug gebruik. Die gemiddelde prys het R16.70 per liter beloop. Die goedkoopste wat ek vir diesel betaal het was met die rit noorde toe by Beaufort-Wes se Engen Truckstop - R14.82 per liter. Die duurste wat ek betaal het was R17.66 in Hoedspruit.
My brandstofkoste het R1.61 per km beloop. My gemiddelde brandstof verbruik (sleep en nie-sleep) was 10.35 km per liter oftewel 9.66 liter/100 km.
Met die sleep boontoe (dit is wanneer ek slegs gesleep het en geen ander nie-sleep ryery tussenin nie) was my brandstofverbruik 9.31 km/liter oftewel 10.75 liter/100 km. Dit kon ek slegs bepaal op die rit tussen Beaufort-Wes en Phalaborwa. Voor dit het ek sonder om te sleep in die Karoo Nasionale Park gery en nadat ek in Phalaborwa volgemaak het, het ek heelwat in die wildtuin gery sonder om te sleep.
Met die terugkeer het ek vanaf ATKV Eiland Spa (waar ek volgemaak het) tot by die huis gesleep. Ek het eers net-nou gaan volmaak (die Hilux het stilgestaan in die garage sedert ons verlede Woensdag hier arriveer het. Terloops, vandat ons by Eiland weggetrek het totdat ek vandag die bakkie gaan volmaak het, het ons presies 2 000 km afgelê. My branstofverbruik met die "af"-sleep was 9,48 km/liter - oftewel 10.54 liter/100 km.
Dankie....
Dankie ChrisB, jou Hilux se sleep brandstofverbruik is absoluut puik. Ek kom nie daar naby nie - myne boer maar hier in die omgewing van 14 liter/100km, maar ek sleep teen gemiddeld 100 kpu.
Wildopnames
Ek is maar erg rekenaar-gestremd. Met die gevolg dat ek jare (vanaf 1987) se wildopname-rekords op 'n stelsel het wat ongelukkig nie toelaat dat ek 'n spesifieke jaar se rekords met andere kan vergelyk nie - tensy ek alles van voor af op rekord plaas met 'n meer gevorderde stelsel.
Ek kan wel vir jou sê watter areas of spesifieke roetes oor die jare beter wildsareas was/is. Maar uit jare (34 jaar) se bykans jaarlikse opnames kan ek met vrymoedigheid sê dat vanjaar ongetwyfeld een van ons swakste jare was wat wildbesigtiging aanbetref. En dan verwys ek nie na daardie wild/diere wat almal van ons graag wil sien nie. Een hoogtepunt was wel die troppie swartwitpense wat ons langs die H10, noord van Onder-Sabie gesien het. In die Krugerwildtuin is swartwitpense altyd 'n besondere "sighting".
Ek glo dat ek met hierdie bydrae die Bouchers se 2021 wildtuinkuier afsluit. Baie dankie vir almal se volg van hierdie draad. En dankie vir elkeen se positiewe kommentaar. Dit was lekker om hierdie vakansie te deel elkeen. Ek sien uit daarna om andere se interessante vakansies mee te maak.
Dankie Kampforum - julle is tops!
Statistieke
Dankie Chris, baie interesante statistiek. Ek is net te lui om dit self ook by te hou of te bereken. Ek dink veral jou statistiek oor wildbesigtiging oor die jare sal selfs vir navorsing of studies gebruik kan word.
Alles ingereken kos so n vakansie nogal n aardige bedrag maar ons lewe net eenmaal en moet dit geniet terwyl ons kan. Fred ( op die engelse forum ) se woorde "Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven" is baie waar.
Dankie ook vir al jou plasings hier, ek het lekker saam gekuier en mooi plekke gesien wat ek hopelik eendag self kan besoek.
Die logiese stap
Dankie vir die lekker reis dagboek. Aangesien die een afgesluit is kan die draad met die beplanning vir die volgende toer geskep word ![]()
Wildbesigtiging
Chris, jou mededeling oor swak wildbesigtiging in Mei 2021 in die Kruger Wildtuin kan ek onderskryf, ons was netso ongelukkig. Die enigste, enkele besigtiging oor 'n periode van 'n maand wat ons opgewonde gehad het was 'n troppie wildehonde. Ek verkondig altyd wildbesigtiging is sekondêr en die pragtige natuur en rustigheid in die noorde van die Wildtuin is vir my besonders.
Ek wonder deesdae oor hierdie stelling van my en het volgende jaar die suide bespreek om darem weer 'n bietjie wild te sien !
Die Suide se beter wildbesigtiging
Ek sou ook graag weer die Suide wou besoek, maar sien nie kans daarvoor tydens skoolvakansies nie. Vir die volgende dertien jaar sal ons dit dus waarskynlik vermy.
Ons het in.....
Ons het in 2017 in die Julie skoolvakansie by Skukuza (nogal !) vir 12 dae gekamp saam met ons drie kinders en hulle gesinne, almal in hul eie karavane. Alhoewel dit nie ideaal is nie (vandat ons kinders uit die huis is, kamp ons nie meer in skoolvakansies nie), was dit tog 'n fees en 'n voorreg saam met ons kinders en kleinkinders. 'n Ou se ingesteldheid neem seker oor want ek was ingestel op 'n wonderlike wildtuin-vakansie saam met ons geliefdes. Ons bure was ook 'n groot groep met blykbaar dieselfde ingesteldheid en ons het nie mekaar gepla nie.
Skoolvakansies
Ek het dit meer teen die besige paaie, mense wat stadsmaniere op wildtuinpaaie uithaal en die malhuise wat enige roofdierbesigtiging veroorsaak. In die noorde kan mens selfs tydens skoolvakansies gereeld vir ure ry sonder om ander karre te sien of net ‘n paar sien. Dis waarvan ek hou.
Brandstofverbruik
Môre Chris b
Dankie vir die info. Ek hoop om binnekort instaat te wees om te poog om jou syfers te verbeter. Ek tjank my blaker af as die 2.4 Hilux swakker gaan doen as jou 2.8. Ek het egter reeds die verskoning gereed--- sleepspoed!!
Ek gaan nie eers noem wat my huidige brandstofverbruik is nie. Dit is 'n goeie afskrikmiddel teen diefstal![]()
Volgende toer
Verwysende na Chris WH se gedagte t.o.v. 'n draad te begin vir die beplanning van 'n volgende toer - daar is tans nog geen verdere toer in die agterkop nie.
Ons eerste prioriteit is om volgende jaar ons kinders in Roemenië te besoek. Dit was vanjaar ook die nommer een prioriteit - vandaar ons laat bespreking by Eiland Spa toe ons besef dat 'n Roemeense besoek nie gaan realiseer nie. Ek moet sê dat ek op hierdie stadium ook maar skepties is 'n besoek volgende jaar. Die EU soek nie ons Suid-Afrikaners nie. En solank daar sóveel Suid-Afrikaners is wat vasskop teen Covid-inentings, gaan dit waarskynlik nog baie lank neem voor ons weer internasionaal kan reis. (Ek respekteer elkeen se siening oor hierdie onderwerp).
En ek het dit reeds iewers op hierdie draad genoem dat ek reken dit is tyd dat ons 'n slag wegbreek van ons jaarlikse wildtuin roetine. Maar daar is op hierdie stadium darem die vooruitsig dat ons in die afsienbare toekoms 'n bietjie in die Karoo Nasionale Park gaan kuier. Tans het ek 'n bespreking vir 22 Des - 3 Jan, maar ek oorweeg om dit te vervroeg of na 'n later datum uit te stel.





Chris B ...
Geen verskoning nodig.