"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."
Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp: WilSur kamp so

VOORTREKKER: O ja. EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?
LEN LOADER: Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp. Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg. Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie - hoeveel kilometers het hy al afgelê ?
SKI: Die mense kamp lekker
Dankie ...
Ja dit voel heerlik om na 3 maande se staan die sleutel te draai en die Ford vat dadelik. Nog beter was toe ek weer oor die Ford se bonnet die teerpad kon sien en hoor hoe mooi daai 4.0L klink. 👏🙏
Sê juis gister vir Eddie ek is so dankbaar dat ek nie in die beging hals-oor-kop die ding laat verander het nie, nou is die turbo steeds standaard en dit het my heelwat geld gespaar.
Willem, was die laaste paar…
Willem, was die laaste paar dae nie aanlyn nie, sien nou eers jou vraag rondom die 10W 40 vol sintetiese olie ipv die aanbevole 15W 40. Weet nie wat jy op die ou end gekoop het nie maar die 10W 40 behoort reg te wees, al wat die 10W beteken is dat die olie kouer temperature kan hanteer, bloot van akademiese waarde in ons land. Lees ook
Bly jou Ford doen weer sy ding!
Grootwind ...
Ek het dié een gebruik.

Ek is netso bly die Ford is weer op die pad.👏👍🙏
Baie bly vir jou dat daai…
Baie bly vir jou dat daai Fordjie se 4 liter nou weer sing. Veilige en voorspoedige km's.
David Kramer ...
.... sing: "Blokkies, haak daai ball".
Ek het lus om te sing: "Willem, haak daai karavaan" - sodat ons kan hoor of die Territory sy ou self is.
Ek wens jou baie verdere sorgvrye kliometers toe.
Willem, ek wonder maar net…
Willem, ek wonder maar net of jou ST nou weer lekker loop nadat die Turbo oorgedoen is.
wonder oor ST ...
Hennie, ja die ST loop baie lekker. Het al vergeet hy het so lank gestaan. Laas naweek was die 2de keer wat ek met hom gesleep het na die Turbo herstel is, al was dit net die 3B Dinokeng toe gewees. 👏👍🙏
My ST ...
Oor 'n maand is dit my beurt vir sleep.
Het Sondag by die kerk gesien die linker voor wiel is pap, pomp hom toe maar want gelukkig het ek een van daai kompressors lank terug as geskenk gekry. Besef toe dat dit moet 'n "slow puncture" wat die ander ouens so maand of 2 terug nie mooi reg gemaak het tussen die "rim" en band nie wat weer pla.
Het ook die bande van agter na voor geruil en wielsporing en balansering ook laat doen sodat dit reg is vir die sleep KNPark toe.
Oor 2 weke sal ek die 3B uitstoot en behoorlik 'n was gee vir die pad.
Dit is mos deel van die kamp voorbereiding ?
Net soos jy sê Willem, ek is…
Net soos jy sê Willem, ek is al lus om die Penta te polish vir 3 tot 9 Oktober by Klipdraai![]()
Dit is mos deel van die kamp voorbereiding ?





Willem, hoe voel dit....
....rond en dik, OF baie gelukkig
Ek raai laasgenoemde, loei daai Garret soos 'n goed ge-oliede ou Singer naaimasjien?