Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
‘n Positiewe houding
maar ek sal daar deurkom.
Dis die gees Oom Len! Sterkte met alles. Ons glo saam dat dit ‘n sukses sal wees, en dat dit na herstel baie beter sal gaan.
‘n Positiewe houding ...
Dit is mos hoe ons Len ken. 👍
Baie sterkte daar Len, vra asb. Vir Annatjie ons op hoogte hou as jy nog nie instaat is nie. 🙏🙏
Sterkte met die operasie…
Sterkte met die operasie Len...dink aan julle
Baie sterkte Len. Ons dink…
Baie sterkte Len. Ons dink aan jou en is seker alles sal vlot verloop.
Hi Wessel. Ek is bly dat dit…
Hi Wessel. Ek is bly dat dit goed gaan met die voet. Jou speelgoed staan nog veilig hier in Onrus.
Speelgoed
Môre Servaas
Ek voel al skoon onrustig
oor my speelgoed wat moontlik in julle pad staan in Onrus. Sodra ek uitstekende nuus kry hierdie Vrydag, gaan ek jou kontak. Dan kan ons telefonies afspreek wanneer julle terug is van die langnaweek af.
Ek hoop en beplan tentatief om daai Sondag 19 Junie af te vlieg, en die wa te kom haal,mits julle dan tuis is.
Ek hoop en beplan tentatief…
Ek hoop en beplan tentatief om daai Sondag 19 Junie af te vlieg, en die wa te kom haal,mits julle dan tuis is.
Vertrou dat jy goeie nuus sal kry. Jy moet dalk net kyk na die pryse van die Sondag aangesien ek glo dit sal duurder wees met die langnaweek.
Baie sterkte aan Len met die…
Baie sterkte aan Len met die operasie móre.
Wessel sterkte met die…
Wessel sterkte met die spesialis Vrydag, ons hoop nie die pad blokades gaan jou beinvloed nie👍
Sondag vlieg
Middag Hennie
Dankie vir waarskuwing, ek dink nooit aan sulke goed nie. Dit gaan die mense wat my lughawe toe moet vat, beter pas op 'n Sondag, nie uit hulle werk nie.
Taxi moles
Middag Johann
Dankie , tans klink dit of die 2 hoofgroepe nie saamstem oor betoging nie Die een groep seg, geen blokkades, die ander wil eers met regering praat. Dus lyk dit of daar nie iets gaan gebeur nie.
Weer eens Dankie......
Nogmaals, dankie aan almal se goeie wense met môremiddag se operasie ! Met só baie goeie wense sal dit beslis goed gaan.
Len se op ...
Len se vrou het 'n groep begin en sal gereeld terugvoering gee, so dan sal ek dit met julle deel.
Sterkte Len, ons bid saam. 🙏
Baie sterkte met jou…
Baie sterkte met jou operasie Len en sterkte ook vir jou familie wat jou sal bystaan. Julle bly in ons gebede in die tyd.
Len se Junie 2022 operasie ...
Ek het nou hierdie inligting van Len se dogter Sarinda gekry.
Goeie middag. My pa is nog rustig in die saal. Die dr en narkotiseur was reeds by hom. Die dr het beklemtoon dat hierdie nie n kanker operasie is nie, maar eerder n divertikel operasie, so hy hoef nie so wyd en diep in die buik in te sny nie. Hy gaan hopelik die Sigmudbuis deel van die kolon kan behou en die dunderm dan daar las, wat die operasie makliker maak en groter kans op sukses gee. Die dag teater lys is redelik vol so my pa gaan waarskynlik eers hier by 16h00/17h00 se kant gedoen word. Die dr verwag so n 3 uur lange operasie. Die narkotiseur is baie deeglik en het hom in detail vergewis van my pa se hart situasie. Ons sal dus eers heelwat later vanaand weer nuus hê. Groete Sarinda
Ek het 18:07 dié boodskap…
Ek het 18:07 dié boodskap ontvang.
Goeie naand. Die dr het n noodgeval gehad, so my pa wag nog. Maar hulle het gesê hulle gaan hom na 18h00 kom haal, so seker enige oomblik nou. Gaan 'n laat aand raak. Groete Sarinda
Nou 19:09 dié enn van sy vrou gekry.
Len is so pas deur teater toe. Verwag hom eers 22h00 terug in die ICU. Lekker slaap almal. Ons sal more oggend julle vir julle op hoogte bring. Groete Annatjie





Len
Ek en Ralie wens jou alles van die beste toe vir jou operasie en die herstelproses.