Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57143 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Karoo heel balm is net die… Stof tot nadenke neef Herman -37 minutes ago
Beslis moeite werd en is nie… WilSur se 2011 Exclusive Krag… Noel -42 minutes ago
Ek het nie veel hoop nie,… Kampforum SuperBru Mona -44 minutes ago
Ingrams Kamfer Room Stof tot nadenke Johan K -46 minutes ago
As ek n week lank plakkies… Stof tot nadenke Noel -46 minutes ago
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -1 hour ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on Mon, 12/03/2018 - 14:55
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Mon, 12/03/2018 - 15:07

Voor die tyd...

bankie

bankie

bankie

middel

Na die tyd...

leeg

leeg

hout

muur

agter

yskas

yskas ook uit

vloer

vloer

En die res sal volg soos ek werk elke saterdag.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/03/2018 - 17:23

Sterkte daar.  Laat my dink aan die 3B wat ek ook reg gemaak het.

Nuwe skokbrekers,
Onderstel geseël,
Al die ligte LED's gemaak,
Beddens verander,
Ruite uit gehaal en geseël,
Plafon geverf,
Vloer oor geplak,
Nuwe rims en bande,
Ens.

Hier is die skakel na die draad.  http://www.blad.kampforum.co.za/node/916

Lekker projek ons wag vir winter dan gaan die avion heeltemal herbou word alles word uitgehaal en oorgebou vensters word vervang met groter vensters as word geupgrade. Vol badkamer met stort en wasbak met toilet gas geyser water tank bine buite kombuis. So paar weke se werk dan kamp ons weer. Moet net sy lesensie koop in april dan weet ons hy gaan bly.

Elarduspark

GerhardM

Mon, 12/03/2018 - 22:06

Dankie almal.

Ek het gedink dis net die houtwerk en seel werk om te doen en toe kom die bedrading probleme ook uit, sad maar nou ja ek is nie bang nie. smiley Die yskas se muurprop is verkeerd gekoppel en die earth switch sou nie trip as daar 'n probleem ontstaan het nie. Ek het meeste van die goed om mee te bou reeds, hopenlik het ek nou Saterdag darem die hout om die muur mee reg te maak. 

Wilsur dankie vir die link na die 3B se draad. Ek het bietjie idees gekry met van die goed nou. Ek moet die rubbers op my voor en agter venster se rame ook vervang en ek het gesien die 3B se rubbers lyk omtrent dieselfde, waar gaan ek dit kan kry? 

Die kant vensters se rubbers is ook vrot gebak deur die son maar dis daai wat so dun insert het om die rubbers te laat uit sit om die glas vas te hou.

Ski sterkte met daai Avion as julle begin met die werk. wink

Secunda

Sleep nou

Tue, 13/03/2018 - 10:56

Gaan groot julle twee sterkte met groot werk soos Johann se ek hou draad ook dop met vordering sodra daai waens klaar is gaan julle n hond uit n bos kamp

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 13/03/2018 - 11:42

Gerhard,

die 3B se rubbers lyk omtrent dieselfde, waar gaan ek dit kan kry?

Ek het by Pretoria Karavane gekry en die strips se spons seël ook.

Elarduspark

GerhardM

Tue, 13/03/2018 - 13:42

 

   Ek het by Pretoria Karavane gekry

Dankie Wilsur.

Dankie Groot G

Elarduspark

GerhardM

Fri, 23/03/2018 - 22:50

Die hangkas rakkies het houtjies voor en agter op om hulle te versterk as daar goed op gepak word, maar die dun spykertjies wat dit moet vas hou trek uit, so ek het klein skroefies ingesit. Ek het vandag die wa se nuwe binne verf kleure getoets op die een om te sien of dit gaan werk. 

verf

verf

 

Elarduspark

GerhardM

Sat, 24/03/2018 - 07:41

Dankie.

Anton jy is meer as welkom. smiley

Oom Johann dis nog die oorspronklike laag hout rakkies van 1970, ek dink dis 3 laag hout. Ek verf hulle net om weer mooi te lyk