Forums
Ek het dit lank gelede begin skryf. Die grootste gedeelte het ek geskryf terwyl ek in die boa in Botswana gebly het in ‘n tent in die Linyanti omgewing. Ek het ‘n stokou inverter gehad en kon net so uur en ‘n half op ‘n slag skryf op my ou rekenaar voor die battery pap was. Ek het dit uiteindelik so elf jaar gelede voltooi en toe self gepubliseer. Ek het so twee tjeks van Amerika af gekry vir tantieme, as ek reg onthou was dit iets soos $2,50 ‘n slag. Ek het dit nog iewers. Ek moet dit dalk self lees en kyk wat ek alles uitgedink het. Dit is deels gebaseer op my ervaringe as toergids maar meestal fiktief, veral die lekker dele ![]()
| Attachment | Size |
|---|---|
| Khaki fever deur Chris Smal | 921.15 KB |
google kaart





ChrisS, jy moet my................
..................asb verskoon, want ek is 'n vrot leser van boeke. Ek het so 'n endjie weggelees en toe maar (soos altyd) moed opgegee. Niks fout met jou skryfkuns nie, die fout lê maar hier by die oubaas.
Punt wat ek wil maak : dit wil gedoen wees !
Ek gaan beslis nog daarby…
Ek gaan beslis nog daarby kom. Dit lees net te moeilik op die foon. Dus sal ek van tyd tot tyd agter die laptop moet gaan sit, maar dit sal moet wag tot na die komende wildtuintrippie.
Self gepubliseer....
Dit sê nogal vir my 'n klomp dinge.......
Die enigste rede waaraan ek kan dink nadat iemand soveel maande/jare aan n skryfstuk spandeer het en gekies het om dit self te publiseer is dat hy/sy volle outeursreg behou wat o.a kan beteken dat sou jy beplan om eendag n fliek oor die boek te maak, jy oor volle outeursreg beskik. Miskien is dit presies die rede (dat jy dit weet). Indien nie, moenie jare se werk, of al het jy dit vir tydverdryf of die genot daarvan geskryf ten gronde laat gaan nie.
Ek gaan nog klaar lees, maar op grond van die eerste gedeelte wat beskikbaar was kan ek vir jou sê dat ons in die filmbedryf (veral vir Duitsland) b a i e "Afrika" films gemaak het en die draaiboeke het nie naastenby soveel werklike inligting bevat nie - geskryf deur iemand wat reken hulle weet iets van Afrika. Soms het selfs ons maar net na die wolke gestaar....
Wat ek dan eintlik wil sê is dat jy my gedagte nie moet afskiet nie, en ook nie jou kennis van die Afrika-bos laat verroes nie. Ek sien vir jou 'n groot geleentheid.
Gaan nou lekker lees en prentjies bou, dankie.
Glad nie
Nee, dit is nie om enige van die redes wat opgehaal is nie. Ek het nog nooit iets gepubliseer nie, so waarom sou enige uitgewer my ou storetjie wou publiseer?
Dit was maar net iets wat ek wou voltooi, want ek het oor ‘n baie lang tydperk daaraan gewerk. Ek geniet skryf, en weet ek is nie sonder talent daarvoor nie. Maar ek is nie Deon Meyer nie, dit besef ek ook terdee.
So dis waarom ek gekies het om “self” te publiseer. Ek het geen illusies oor die gehalte van die storie nie, maar ek het dit geniet om dit te maak. Ek gaan dit ook lees, want ek het dit nog nooit as geheel gelees nie. As iemand anders dit geniet sal ek bly wees, maar ek gaan nie hartseer wees as niemand dit lees nie.
Ek gaan dit beslis verder…
Ek gaan dit beslis verder lees.
Klaar gelees....
en skoon spyt toe dit klaar is. Ek wil nie meer weggee nie, ter wille van die wat die boek nog gaan lees. Kan net sê dat ek dit geniet het en hoop dat dit nie die laaste uit jou pen sal wees nie - skryftalent in oorvloed en ek dink dit was vir jouself n heerlike ervaring om dit waarmee jy bekend is (toere lei
) in storievorm weer te gee.
Baie dankie dat ons die geleentheid gekry het om ook daarin te kon deel.
Die oupa lees min fiksie…
Die oupa lees min fiksie. Het so stukkie gelees. Moet erken dat die boek se teikengroep nie my insluit nie, en moet dit asb nie as slegte kritiek sien nie.
Miskien moet ek liefs niks gesê het nie. My " shares" is vreeslik aan die daal hier.
Nee wat
Die teikengroep (as daar so iets was), was seker maar Amerikaners. Dit spruit uit die storie wat in die boek afspeel. Maar ek het te lank gevat om dit klaar te maak, en toe was die onderwerp nie meer so op die voorfront in Amerika nie. Omdat ek nie spesifiek Suid-Afrikaners in gedagte gehad het nie, moes ek noodgedwonge in Engels skryf, en boonop in Engels wat Amerikaners sal verstaan. Afrikaans sou baie makliker gewees het.
Kritiek/kommentaar op die storie sal my nie seer/kwaad maak nie. Dit was deels ‘n herleef van my ervaringe tydens my paar jaar as overland toergids, en deels die genieting daarvan om te skryf. Ek het nog altyd daarvan gehou.
Die storie het ek stuk-stuk geskryf toe ek veel jonger was en nie kinders gehad het nie. Ek gaan nie gou weer tyd kry nie.