133428 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 minutes ago
Len... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -33 minutes ago
Môre Chris ! Kgalagadi Oktober 2026 Len Loader -56 minutes ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Lekker gesels. Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago
Oppi Rivier Lakeview Lodge and Camping Rona du Plessis -9 hours ago

Trump se tariewe.

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Tue, 12/08/2025 - 07:29
Forums

So vra ek my dogter werksaam by aanleg wat Pekaneute by boere aankoop en uitvoer na China vir baie jare al, hoe affekteer die tariewe hulle besigheid.

Sy antwoord dat China invoerbelasting nou op 0% het vir SA neute, en waar VSA hule grootste voorsiener was, is die invoer gestop. 

Het toe gaan kyk oor die VSA se Pekaneut bedryf, en hul neute nog in dop, word meeste na Mexico uitgevoer, daar verwerk en dan terug na die VSA verhandel. Nou is daar 25% tarief op. Nou moet ek vra, wie gaan die 25% betaal??

Hier skep die 30% tarief op ons landbou uitvoere probleme. Ons lees van sitrus wat nou nie mededingend uitgevoer kan word nie. So die VSA boere is sekerlik in dieselfde situasie?? 

Dan glo ek OK nie dat die sitrusboere op ń hoop gaan sit en vergaan nie. Dit is verbasend om te sien hoe vinnig hulle bedrywighede verander om  nuwe omstandighede en geleenthede te benut.. In ons kontrei het melkplase, lusernverbouers en Volstruisboere die afgelope paar jaar oorgeskakel en baie hektare Amandels aangeplant. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/08/2025 - 08:16

....van boerdery produkte is prysenswaardig, MAAr sekerlik 'n stadige proses. 

Byvoorbeeld, hoe lank neem dit vir 'n aangeplante genoemde amandel boom voordat dit produktief begin vtugte lewer?? 

Net so geld dit seker ook vir 'n verandering van ander vrugte bome ook. 

Ek gun elke boer die voorreg om sy produkte verkoop en uitgevoer te kry, self na lande wat se karre ons paaie oorneemlaughlaugh

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 12/08/2025 - 09:09

As ek reg onthou gee Pekans van jaar 3 af ń paar neute en seker op 5,6, ?? Jaar ń redelike drag. So sê maar na 5 jaar sal jy begin wins maak. Maar... die vorige jare se insetkoste en onderhoud moet nou gedelg word voordat die regte wins agterbly.

Ou dae het Landbank die klas projekte finansier, weet nie of dit nog so is nie. Wat ook opgemerk is, is dat oorsese beleggers geredelik betrokke raak.

 

Pretoria

Slowstrike

Tue, 12/08/2025 - 11:35

My neef wat by die Ford fabriek in Silverton werk sê die naweek vir my dat hulle produksie met 20% verminder word en dat skofte 2 ure korter gemaak is.

Die korter ure beteken dan natuurlik ook verminderde salaris. Dus baie mense se inkomste verminder reeds en dit sluit al die ander besighede wat dienste parte ens ens aan Ford verskaf in.

Die vooruitsig is dat dit nog ingekort gaan word in die nabye toekoms sou die heffigs op 30% bly.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/08/2025 - 12:06

Ek gooi sommer die kwessie hierby in.

Wat gaan die nasionale dialoog bereik ten einde die Trump tariewe uit die weg te kry??

Ek wonder of die regering nie heimlik bang is vir die oop gesprek nie. Hulle behoort mos te weet dat die meerderheid kiesers redelik gatvol vir hulle korrupsie en bedrog is. Dan praat ons nog nie van leë beloftes wat net jaar na jaar herhaal word nie. 

Ek sien vanoggend dat die nasionale oop gesprek, teen 'n moerse koste, as verkiesingspraatjies/forum gesien word. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/08/2025 - 12:11

....blykbaar ook dieselfde paadjie. Ek het op die nuus gesien dat die Oos Kaap se sake/besigheidsektor dit die afgelope naweek op die voorgrond geplaas het. 

Fabrikate soos Isuzu, VW en MB, met al die ondersteunende fabrieke soos bande en wat nog se komponente/onderdele, trek reeds swaar onder die invoertariewe. 

wat seg die spreekwoord---Rome brand en die keiser speel viool.!!! Ek wil glo die vakbonde is deeglik bewus van die potensiële personeel afleggings wat kan volg. Geen wonder dat die SACP volgende jaar onder eie vaandel aan die verkiesing wil deelneem nie.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/08/2025 - 07:35

....praatjies in Iran sal sekerlik bydra tot die spoedige opskorting of verhoging van die VSA tariewe. Ai tog, kan mens darem verkeerde dinge gaan kwytraak van agter 'n klomp medaljes.

Ek sien die koerante spekuleer of die weermag minister en/of die president, wel die besoek vooraf goedgekeur het.   

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 14/08/2025 - 12:31

So lees ek gister ń artikel van Switserland se 36% tarief. Die spulletjie is heeltemal stomgeslaan. Sien hulle is al neutraal deur 2 wêreldoorloë, laaste keer waar hulle in ń oorlog was, 1800 en iets Die het glo net ń paar dae geduur, en net paar soldate het gesneuwel. 

Volgens die skrywer het die Swiss ń soort van  "untouchable" verwagting van die wêreld se lief en leed. Loer glo deur veiligheidsglas wat die wêreld om hulle aanvang. Tot Trump hulle daarop wys dat die handelsbetrekkinge met Switzerland heeltemal eensydig is.  Nou is die fondamente geskud, die kaas proe suur en sjokolade bitter.

Met al ons sondes en verkeerde vriendskappe lyk dit dan nou so uit die hoek of ons eintlik lig afkom.

Dalk gaan die prys van Toblerone hier bietjie sak sodra die ekstra hierheen uitgsvoer word. devil

Pretoria

Slowstrike

Thu, 28/08/2025 - 19:55

En daar gebeur dit toe. Bykans 480 werksgeleenthede by Ford tot niet . Afleggings by die enjin fabriek in PE en hier in Silverton Pretoria.

Ford het reeds geruime tyd gelede die mense gewaarsku om versigtig met hulle finansies te wees. Ek glo die skrif was toe al teen die muur.

 

Worcester

Wildehont

Fri, 29/08/2025 - 07:55

Bykans 480 werksgeleenthede by Ford tot niet .

En dis baie meer as 480 mense wat daar onder ly. Verder die vermenigvuldiger effek van hulle besteding wat nou weg is.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus