6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/04/2024 - 08:51

... ek dink jy't inderwaarheid reeds die regte besluit in jou kop geneem, naamlik om via Middelburg en Colesberg te ry. Mens kan eintlik nie meer waag om die R-paaie te ry nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/04/2024 - 09:28

............se geval ry ons maar eerder die 4000km (heen en terug) Wildtuin toe net op die N1 en die N4 en waag dit eerder nie op die ander paaie nie.  Om twee redes, (1) die toestand van die nie-N paaie en (2) indien ons teenspoed kry is hulp op die nasionale paaie hopelik  makliker beskikbaar.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 06:00

Môre, hoe beplan jy om te ry van jou af tot in Bloemfontein? Sleep jy die N10 oor Cradock na Middelburg en dan oor Colesberg, of het jy al die R390 gesleep soos ek boontoe genoem het?

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 02/04/2024 - 07:07

Môre Wessel, ek gaan sommer teerpad langs ry wanneer die son skyn. smiley Die Cradock pad het baie mangaan lorries, dalk sal ek die N9 oor Graaf Reinet vat. Is nog nie heeltemal seker nie. Ons het so paar weke altwee gery en altwee het baie potensiaal, N9 is net stiller om te ry. Die pad in Cradock is net lekker stukkend gery. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 12:20

... 100% seker dat die R390 inderdaad steeds 'n teerpad is - in daai wêreld is 'n "R"-pad dalk eerder 'n slaggatpad.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 13:35

...ek hoor mooi, bly liewer op paaie met minder slaggate.

Pretoria

Geert

Tue, 02/04/2024 - 15:19

Dis jammer om te lees hoe paaie agteruitgaan in ons land. Selfs N-Roetes word al net vir dagbestuur aanbeveel. Donderdag aand was daar ook klippe in die pad op N4 Rustenburg....mense is toe ook aangeval. Weereens bloed op ANC se naam. Om te sê ry die roetes in die dag.....nie almal is oppad na n vakansie bestemming om daai keuse te hê nie, baie is op die pad vir werk en het nie keuse nie. Ons moet ons stemme verhef teen hierdie patetiese regering van ons.....om alternatiewe tye en roetes te probeer uitwerk is nie die oplossing nie. Dieselfde in KNP....almal weet en besef en sien die agteruitgang, maar, veral op facebook, is daar altyd die honderde mense wat maak asof alles nog honkiedorrie is...val jou behoorlik aan as jy iets negatief opgemerk het in KNP....DIT IS NIE. Om nou grondpaaie te vermy en teerpaaie te ry is nie uitweg nie......hoe lank voor teerpaaie soos Pilanesberg sin gaan lyk?......wat gaan ons dan sê? Nog steeds oogklappe probeer opsit en maak of alles nog soos 94 lyk? 

In Sanparks se geval dink ek nie eers dit help altyd om by bestuur in wildtuin te kla as daar probleme is nie.....gaan na hoofkantoor en lê klagtes daar sodat hulle daar kan sien watter wan bestuur daar heers wat hulle aangestel het. Al die Sanpark oorde kry begrootings om sekere onderhoud te doen. Hoe kan een plek soos byvoorbeeld Karoo Nasionale PArk dit regkry om dit so goed te doen en elke dag net "lof en prys" oor hulle plek te kry en plek soos wildtuin daaglikse klagtes? Ek dink meeste van ons weet die antwoord.....

Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 15:53

ai Geert en ander, ek moet nog Grompie se sporing laat nagaan, na ons week in Pilansberg.

O gonna, daai paai is vrot, die teerpaaie ry mens maar so slinger slinger. Sommige grondpad gedeeltes in onbegaanbaar vir platkarre. 

Ek het op party dele ou Grompie bejammer, ek het dit lanklaas so sleg getref

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 19:10

... jy's reg. As daar nie iets aan die teerpaaie in die wildtuin gedoen word t.o.v. die stelselmatige "inkruip" van grasse, struike en bome op die padrante nie, gaan hulle binnekort moerske probleme begin ervaar. 

En nog iets wat ek saamstem is dat infrastruktuur in die algemeen besig is om agteruit te gaan in die wildtuin. Ja - dit is steeds lekker om daar te kuier. Sommige kampe en ander plekke (bv piekniekplekke) handhaaf nog 'n redelike standaard. Malelane-kamp is een van dié. Ek was beïndruk met die diens en gehalte van kos by Nkuhlu en ook Tshokwane. Die treinrestaurant in Skukuza is goed. So ook die Mugg & Bean in Onder-Sabie. Ek was gelukkig met ons ete in Olifants by die Tindlovu restaurant. Dus - alles is nie net sleg nie, maar die algemene indruk is ongetwyfeld een van stelselmatige agteruitgang.

En jou opmerking i.v.m. Karoo Nas Park is baie waar. Sommige parke doen nog die dinge reg. Ek sien uit daarna om Kgalagadi eersdaags te beleef en te sien hoe dinge daar uitsien.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/04/2024 - 19:46

Wat die agteruitgang van paaie oor die hele land aanbetref (miskien met die Weskaap uitgesonder), daarmee stem ek saam dat die huidige regering se beleide en swak bestuur daarvan daarvoor verantwoordelik is.  Om op mekaar se skouers te huil daaroor gaan niks verander nie, maar elke landsburger kan by die stembus 'n bydrae lewer om verandering teweeg te bring.

As ek op FB forums oor die Kruger Wildtuin lees en gesels, doen ek dit uit vrye wil om van aangename ervarings en die wonder van die natuurlewe te beleef.  Ek lees beslis nie daar om te verneem van alles wat verkeerd en 'n mislukking is nie, trouens dit is dan vir my 'n uiters afbrekende ervaring waaraan ek absoluut niks kan doen nie.  Deur net op die goeie ervarings te konsentreer, beteken nie ek dink alles is "honkiedorrie" nie. Ek is bloot van mening my gekla by mede-toeriste in die Wildtuin sal niks aan die situasie verander nie.

Ek is 'n groot voorstaander daarvoor dat swak ervarings op 'n deeglike en ordelike wyse aan die Wildtuin-bestuur oorgedra moet word,  dan word daar iets omtrent gedoen en het jy 'n positiewe bydrae gelewer. Twee voorbeelde : ek het 'n paar jaar terug 'n amptelike beswaar by SANParke se hoofkantoor gelê omdat daar nie chemiese-toilet stortfasiliteite in Skukuza se kampterrein is nie.  Ses maande daarna is ek verwittig dat hierdie fasiliteit by al die ablusieblokke in Skukuza aangebring is. Nog 'n voorbeeld : ek het twee jaar gelede weer by SANParke se hoofkantoor beswaar aangeteken dat feitlik geen wasmasjiene en duimeldroërs in die waskamers by die meeste kampe in 'n werkende toestand is nie.  Ek lees op FB van die een kompliment op die ander van splinternuwe toerusting in die waskamers.

'n Heel ander voorbeeld : Joos Becker karavaanpark oppad Pretoria-Noord toe is al vir jare 'n oulike munisipale karavaanpark wat ons al vir 'n geruime tyd gebruik het. Drie jaar gelede het die toestande daar so versleg en in 'n plakkerskamp verander sodat ons dit nie meer kon gebruik nie.  Ek het moeite gedoen deur met foto-bewyse skriftelik na die DA-raadslid te verwys. Die plek is intussen fantasties opgeknap met nuut aangestelde bestuur. Karavaanklubs kamp nou weer in groot getalle daar.  Maar op FB was daar hordes negatiewe kommentaar waar geselsers op mekaar se skouers gehuil het : "bly weg", "'n regte varkhok", "nooit weer kamp ons daar nie". Dit was alles nutteloos en net afbrekend.

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 02/04/2024 - 19:54

 Hi Wessel, nee jong, ek het nog glad nie daai R390 roete gery nie. Nog net die N9 oor Graaff Reinet gery en 1 keer die N10 oor Cradock . Het nog glad nie van hier noordwaarts gesleep met die karavaan nie, net met wa toe ons getrek het. Die pad was toe nie sleg nie. Daar is herstel werk aan die gang, maar eintlik redelik stil om te ry. 

Pretoria

Geert

Tue, 02/04/2024 - 20:58

Ek is bloot van mening my gekla by mede-toeriste in die Wildtuin sal niks aan die situasie verander nie.

Ek glo as daar nie op sosiale media gekla was nie, was situasie in KNP baie erger. Basies al die klagtes wat op Sanparks se facebook blad gedoen word,  reageer hoofkantoor op en sê hulle sal die klagte adresseer na die regte bestuur van park of kamp. Hulle maak n belofte voor publiek om aandag daaraan te gee. 

Die "honkiedorrie" van KNP is baie. Net om n voorbeeld te noem....daar was n rukkie gelede n paar dae krag onderbreking in Skukuza. Iemand het net n plasing op KNP se facebook gemaak oor hul nou al 3 dae sonder krag sit. Direk is daar hordes aanvallers wat plasings maak van gaan huistoe, wat soek jy daar en vele meer lelike aanmerkings. Sanparks hoofkantoor het ondersoek ingestel en geantwoord op probkeem en plaser het bedank vir terugvoering.....terwyl Sanparks comments moes stop oor steeds vieslike aanmerkings can publiek. Meestal sien Sanparks die probleem van situasie en doen dan iets daaraan, maar publiek veg teen klaer of dit normaal is.

As dit so gaan....kan ons saamstaan by stembus? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/04/2024 - 21:17

............met 'n geskil van dié aard nie.  Die enigste punt wat ek graag wou tuisbring is dat ek nie kan verstaan nie dat klagtes op verskeie nie-SANParke (en 'n enkele SANParke forum) die wêreld ingestuur word as daar 'n formele plek is waar dit formeel met groot sukses soos ek bewys het, gerapporteer kan word.

Pretoria

Geert

Tue, 02/04/2024 - 21:32

Soos jy jou standpunt wil stel, kan ek maar seker my standpunt ook stel? Of moet ons maar stilbly en weer oor paar dae kla omdat forum stil is?

Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/04/2024 - 05:13

Môre Johann

Dit is 'n lekker stil geteerde pad. Mens kan dit met groot gemak met 'n padwoonwa sleep. 

Ek het in die 4 keer die afgelope 2 jaar wat ek Aldam toe gesleep het, darem 1 maal 'n bakkie en 'n trekker daar gekry.

Vaalpark

Johann L

Wed, 03/04/2024 - 07:34

Môre Wessel dankie vir die terugvoer, ek het op Chris se wildtuin gesprek (verkeerd van my) gevra, en hy het daar geantwoord.

Worcester

Wildehont

Wed, 03/04/2024 - 07:49

‘n Buurvrou by Dwarswegstrand (hulle het op 23 gestaan vir so week tydens ons onlangse besoek), het gesê hulle was een Desember by Aldam, en dit het maar woes gegaan. Aangesien baie forumlede dit as oorstaanplek gebruik neem ek aan dat dit buite seisoen rustiger is daar. 

Vaalpark

Johann L

Wed, 03/04/2024 - 08:13

In 1971 het ek daar gaan kamp en toe was dit nog grond pad, dit was daai tyd 'n lieflike oord. Ek sal graag weer daar wil gaan kampeer om baie ou "memories" te herleef.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 03/04/2024 - 08:46

 Wildehont is korrek met sy aanname - ons het nog slegs buite-seisoen by Aldam oorgestaan. Ons was by meer as geleentheid die enigste kampers vir die aand. Dit is maar vrekkoud in die winter en hulle ablusiegeriewe is niks om oor huistoe te skryf nie.

Ons het jare gelede, toe ons nog gebonde was aan skoolvakansies, met die terugkeer daar oorgestaan. Toe het een of ander Vrystaatse woonwaklub hulle "Frost Bite" naweek daar gehad. Hulle was 'n vrolike klomp en het groot vure gemaak. Hulle het ons oorgenooi om by hul vure te kom staan en opwarm. Dit was nogal lekker.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus