6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/04/2024 - 09:43

Ons gebruik dit ook net vir oorslaap, en tot hede ook buite seisoen. die maksimum waens was 3 per geleentheid.

Die ablusie geriewe is in werkende toestand, met warm water. goed genoeg vir 'n aand se vertoef.

Johann: Gaan gerus weer, daar is ook 'n wildtuin. Ons het nog nooit moeite gedoen om daar in te gaan nie. Ouens wat wil visvang het ten minste iets om daar te doen.

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/04/2024 - 09:50

Nou net terug van bande plek, sporing was toe weliswaar effe uit. Ten minste kan ek nou met gemoedsrus die langpad deur Sanparke aanpak, sonder om te bekommer dat die 4 nuwe bande skeef afloop.

Pilansberg se bergpaadjies is nie vir sissies en platkarre nie.laugh. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/04/2024 - 06:16

My buurman het gister uit die KrugerNP gekom. Volgens hom is;

1] die pad van Orpen tot by Lydenburg is feitlik onrybaar, en hy het net met 'n bakkie gery. Daarvandaan na Dullstroom was dit nie veel beter nie.

2] die Georges Valley pad is ook baie sleg van die slaggate en moet liefs met 'n woonwa vermy word. Magoebaskloof is seker dan die beter opsie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/04/2024 - 06:55

Die pad vanaf Orpen tot by Hoedspruit is in 'n goeie toestand. Dit is die gedeelte via die tonnel tot Lydenburg wat die nagmerrie gedeelte is.

Die aangewese roete is beslis via Magoebaskloof of Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof) via Tzaneen, Gravelotte en Mica tot Hoedspruit - en vandaar na Orpen. Goerge's Valley is ook maar 'n "no-go". Eerstehandse inligting vanaf my vriend in Tzaneen. Persoonlik verkies ek Magoebaskloof.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/04/2024 - 07:28

..............die roete oor Magoebaskloof.  Die paaie rondom Lydenburg (en in Lydenburg self) is al vir jare vrot.  Dis so jammer, want dis 'n lieflike roete om te ry, veral oor die Longtom-pas. Rona wat in Dullstroom bly, sal dit kan bevestig.

Pretoria

Geert

Mon, 22/04/2024 - 08:05

Ja, om op n slegte pad te wees, veral met pad karavaan is aaklig. Die ergste pad waarop ons gesleep her was toe ons 3 jaar terug vanaf Blyderivier na Phalaborwa gesleep het. Die GPS het ons op n gedeelte pad geneem wat so sleg was dat sekere gedeeltes meer grond as teer was. Ek kan nie onthou wat daai pad se roete nommer was nie....ek wou nog memoriseer om ander gebruikers te waarsku, maar kan nie op pad naam afkom nie. Dit was omtrent 15-20 km gewees voor mens weer by n T-aansluiting gekom het waar mens links draai na Phalaborwa. Miskien is hier iemand wat daai pad ken

Vaalpark

Johann L

Mon, 22/04/2024 - 08:09

Die pad het ek nog nooit gery nie, ons ry elke keer Magoebas pad. Dit is 'n lieflike pad met die mooiste uitsig. Toe gegee, as mens daar swaar voertuie kry kan dit lol maar die omgewing is vir my so mooi en ons is mos lankal met pensioen, dus is daar geen haas nie.

Ons wil egtef 'n slag Modjadis om ry, volgens Wessel is dit minder op en af draendes ens. Magoebas kan plek-plek gevaarlik wees as daai manne so roekeloos verby steek

Dullstroom het ek meer as tien jaar laas gery en dit was 'n nagmerrie van slaggate. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/04/2024 - 08:43

Johann, ek het nog nooit die pad gery nie. Ek weet dat Chris B dit 'n slag probeer het, maar steeds Magoebaskloof verkies.

Ek het tot hede verkies om die Georges Valley pad te sleep, op en af. Vanaf Pietersburg se kant af, draai mens net anderkant Heanertsburg regs. As jy reguit hou, is jy oppad vir Magoebaskloof.

Worcester

Wildehont

Mon, 22/04/2024 - 09:34

Dis hoe ek hom werk. Magoebaskloof is vir my te steil vir af sleep. Met die Prado kan ek hom in 2de sit en teen die enjin ry, ek weet nie of die Ranger se slim ratkas dit gaan toelaat nie. Dit is geneig om mens nie toe te laat om laer ratte te kies as jy nie vrek stadig ry nie. Ek moet nog agter die kap van die byl kom om dit reg te kry. 

Vaalpark

Johann L

Mon, 22/04/2024 - 11:41

Jammer my fout.

Jy is reg dit is Chris wat so om ry, hoe lyk die Georges pad wat jy ry wat steiltes betref?

Chris WH, ek ry Magoebas met my kar in sport mode in 2de rat, en sukkel nie te veel met die ratte nie, moet egter redelik met die remme help.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/04/2024 - 12:05

Johann, ek vind dat dit baie meer geleidelik daal en die skerp draaie is nie so opmekaar nie. Dit het egter nie 'n geteerde skouerstrook nie

Ek is laasjaar daar af, met Grompie handrat, en meestal in 3de gebly. Af en toe met rem gehelp of 2de rat vir kompressie.

Mens kry kans om trekstang uit te trek sodat wa se remme los kom en afkoel.

Vaalpark

Johann L

Mon, 22/04/2024 - 14:23

Wessel dankie vir die inligting, waardeer dit en gaan die roete volgende keer probeer.

Worcester

Wildehont

Mon, 22/04/2024 - 15:28

Ek onthou toe ek het verlede jaar met die Prado Magoebas af gesleep ook. Dis nadat ons met Van Rhynspas af is oppad terug van Kgalagadi af en toe voel ek braaf. Ek het die ervaring bespreek op p7 van die gesprekslyn oor die toer, maar hier is dit (sien die tweede paragraaf) vir maklike verwysing:

A

Worcester

Wildehont

Mon, 22/04/2024 - 15:35

Ek het Magoebaskloof gevat. Dis maar steil, selfs in 2de rat moes ek nou en dan rem. 

Die bg is aangehaal uit die gesprekslyn oor ons toer verlede jaar. Ek sal die Ranger se enjin remvermoë moet toets voor Junie. Dis egter nie al oorweging nie. Soos Wessel al gesê het hou die wa se gewig moontlik die inloopremme konstant geaktiveer teen ‘n steil afdraende.
 

Dalk speel die trekstang tog heen en weer omdat die inloopremme die wa se spoed (en momentum) verminder. Miskien kry die trekstang se skokbreker dan kans om die inloopremme bietjie skiet te gee?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/04/2024 - 16:55

...ek dink die die optimale sleep teen sulke steil afdraendes as volg is,

Kry 'n veilige sleepspoed, verkieslik met enjin remming en soms voertuig remme. Beide voertuig en wa moet beweeg sonder dat inloopskokbreker indruk, om wa se remme te aktiveer.

Vinnig[hard] rem gaan dit aktiveer, en probeer so gou moontlik 'n trek [plukkie] op trekstang maak, kry remme los en gly voort.

Dalk as mens geleidelik kan rem met voertuig, sonder stamp beweging, kan inloop skokbreker dalk[?] nie instoot nie, en jou wa se remme bly los.

'n Nuwe swaardiens skokbreker gaan sekerlik baie help.

My wa se remme is los gestel, met so 25mm speling tussen skokbreker en remstang. 

 

Heidelberg GP

StephanS

Mon, 22/04/2024 - 16:57

In die weermag het ons eerder Georges Valley as Magoebas gery met die trokke. 

Een van my vriende het eendag remme verloor op Magoebas en het so amper sy agterent gesien daai dag net voor Tzaneen

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/04/2024 - 17:07

....dankie vir stuiwer. Soos voorheen genoem, ek het respek vir sulke steil afdraendes. 

Ek skud eerder deur paar gate en growwe dele, as om my blaker te sien met 'n woonwa en trokkie op galop. Die gefoeter is net om betyds die erge gate te sien.

Selfs teen Outenikwa pas by George af, probeer ek so teen 75km/hr en derde rat, "glide" sonder om skielik te rem. 

Worcester

Wildehont

Tue, 23/04/2024 - 08:55

Wessel sal moet help, maar my logika sê vir my die geringste vermindering in spoed van die sleepvoertuig gaan maak dat die wa nader aan die sleepvoertuig beweeg agv die wa se momentum. As die beweging genoeg is gaan die inloopremme aktiveer (en selfs met 25mm speling tussen sleepstang en remstang is nie ‘n groot nader beweging nodig nie).
 

Die inloopremme keer net dat die wa nie die sleepvoertuig stoot nie, dit rem nie die wa so hard dat dit terug trek aan die sleepvoertuig nie. Sou dit wel gebeur sal die sleepstang uittrek en die inloopremme deaktiveer. As ek kyk na die video wat ek gemaak het nadat ek my wa se trekstang skokbreker vervang het (elders op die forum geplaas), gebeur die laasgenoemde nie. Die trekstang trek eers uit as die sleepvoertuig versnel (vinniger ry, nie stadiger nie). 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/04/2024 - 09:25

.............maak vir my (ook maar 'n dommie) absolute sin.  In my 55 jaar van sleep met verskillende karavane en sleepvoertuie oor die hele Suid-Afrika en ons buurland, het ek nog nooit oor-verhitte karavaan-remme ervaar nie.  Ek raai die geheim lê daarin dat die oorlooprem-skokbreker moet in 'n goeie toestand wees en nie onnodig aktiveer nie. Myne het ek altyd met 'n swaardiens skokbreker vervang. Die remme moet ook korrek gestel wees.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 23/04/2024 - 09:38

Stel glo ek is baie belangrik. Hier stel ek die remme dat dit eers met die heel laaste stukkie indruk van die trekstang begin sluit. So glo ek sal dit stelselmatig rem, en die wa net hard laat rem as jy die voertuig ook hard rem.  Weet nie of ek mooi verduidelik nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus