6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Willem se Territory ST

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."

Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp:   WilSur kamp so

.

VOORTREKKER: O ja.  EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?

LEN LOADER:  Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp.  Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg.  Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie  -  hoeveel kilometers het hy al afgelê ?

SKI:  Die mense kamp lekker

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 09:48

Turbocharger will be ready for collection by tomorrow morning.

 

Hello Willem

Daai hart van jou klop seker tjoklits, nê.

Ry veilig turbo Direct toe, en werk stadig en deeglik met die terugsit.laugh

Irene

Grootwind

Thu, 17/03/2022 - 11:06

Willem, twee goed. Sien die olie wat jy gaan gebruik is nie 100% sinteties nie maar basies 'n mengsel van mineraal en sinteties (amper soos versnit wyn!). Sekerlik beter as 'n mineraal olie maar nie beter as 100% sinteties nie. Ek sou dink 'n 100% sintetiese olie sou 'n beter opsie wees? Wel duurder. Tweedens wat die coolant aanbetref, ja die ou dae se water plus antivries wat net bygegooi word is lankal verby, weereens beter om die voorafgemengde goed te koop, die goed is sonder enige onsuiwerhede en is gewoonlik ontwerp om baie beter hitte oordrag te gee. Met die dat jy nou weet hoe moeilik dit is om onderdele vir daai Ford te kry sou ek vir die beste olie en coolant opsie gaan, beide kan net goed wees vir die herboude turbo se lewensverwagting?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 16:10

Ek het olie, olie filter en coolant gekry, dit is ook al wat nodig is vir die 165,000km diens.

Ek het 100% sintetiese olie gesoek maar kry nie wat die hanleiding van die Ford sê nie, nl. 15W-40.  Wat ek kon kry is dié 

.

. 

Dit is beslis nie wat ek jare terug betaal het nie.  7L olie = R628.  10L Radicool = R753.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 16:21

100% sinteties

Wat sal jy sê moet ek kry naaste aan 15W-40 wat 100% is ?

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 17/03/2022 - 19:12

Willem, Sinteties is die Rolls Royce van olies, maar ek gebruik ook die Helix HX7. Wat ek moet noem, is dat ek enjin olie en filter elke 5000km verang, met Sinteties kan jy dit langer uitrek, maar my kilos per jaar is te laag om dit te regverdig.

So klomp jare gelede koop ek n Range Rover Vogue vir boot sleep. Doen die enjin oor, en sit vol sinteties in nadat dit ingeloop is. Merk op dat die oliedruk nou styg, en wonder wat aangaan. Vervang die filter, en dit is net n paar kilometer en dit styg weer. Wat die oorsaak was, is dat die enjin oorspronklik met normale olie gerwerk het, en so lagie plaak op die binnekant vasgepak het, amper soos n lagie vernis, Vol sinteties is n baie sterk wat genoem word "detergent" olie, en verhoed die soort aanpaksel. Dit het my n aardige bedrag aan gereelde olie en filters ruil gekos voordat dit opgeklaar het. So loer maar op die olie wat jy tot dusver gebruik het of dit wel n "detergent" olie was.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 19:29

Die olie was nog altyd deur Ford agente geruil so ek weet nie.  Die Aurinia Ford wat die laaste olie geruil het, het ek ook gevra en hulle het net vir my gesê hulle gebruik 5W-30 op almal.  Maar my boekie sê 15W-40 en die Territory groepe het gesê ek moet die HX7 gebruik, maar HX7, 15W-40 is nie hier beskikbaar nie.  Ek het Shell self gebel maar die dame het gekla hulle stelsel is traag en het al my en die ST se info gevat en gesê sy sal my terug skakel 🤷‍♂️ ek wag steeds, sy sou kyk wat Ford aanbeveel en my sê watter Shell is die regte.  Die ST se olie ruil is elke 15,000km.

Môre Willem

Volgens my Hilux boekie beskrywing moet jy die syfers as volg interpreteer;

Byvoorbeeld, 5W-30 toon die syfer voor die W toon hoe maklik  die kar aanskakel in koue toestande. 5W nodig as jy in temperature van laer as -18C werk. 10W vanaf -18C opwaarts.

Die 30 is aanduiding van viskositeit. Hoe groter die syfer hoe beter vir hoê spoed of swaar diens.

Ek dink jy moet 'n olie soek wat ten minste die 40 viskositeit het, en nie fokus op die syfer voor die W nie. Dus daai Shell Helix 10W-40 lyk vir my aanvaarbaar. 

 

Hello Willem

Volgens jou inset op 17 Maart, lyk dit dan asof jy wel Shell Helix 15W-40 opgespoor het. Dit vergelyk mos dan presies met wat Ford jou vertel het.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/03/2022 - 12:34

Ek begin nou baie opgewonde raak want ek het vanoggend die turbo gaan haal en dit lyk soos 'n splinter nuwe een.  Môre help my skoonseun en Eddie om als terug te sit. 🤞

.

.

.

 

Hello Willem

Ek dink dit sal werk vir jou doel en ons temperature.

Jou vrou salg jou af oor jy ysters op haar gehekelde tafeldoeke neersitlaugh

 

Middag Herman, Willem

Herman: Jy sal opmerk, met 'n bril dat Willem se inset op 17 Maart om 8h24 wel melding maak van Helix 15W-40. Later dieselfde dag om 16h10 skryf Willem egter dat hy dit nie kon kry nie.

Soms het my bril 'n vetkol op, of my begriplees is laag, maar ek het dan sy 1ste inskrywing verkeerd gelees/interpreteerlaugh

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 19/03/2022 - 15:56

.............hoe vorder die technici daar in Daspoort met die Terry-operasie.  Ek hoop hulle het genoeg "olie" in die yskas om gesmeer te bly.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus