"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."
Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp: WilSur kamp so

VOORTREKKER: O ja. EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?
LEN LOADER: Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp. Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg. Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie - hoeveel kilometers het hy al afgelê ?
SKI: Die mense kamp lekker
ST Turbo ...
Turbocharger will be ready for collection by tomorrow morning.
Groot vreugde
Hello Willem
Daai hart van jou klop seker tjoklits, nê.
Ry veilig turbo Direct toe, en werk stadig en deeglik met die terugsit.![]()
Willem, twee goed. Sien die…
Willem, twee goed. Sien die olie wat jy gaan gebruik is nie 100% sinteties nie maar basies 'n mengsel van mineraal en sinteties (amper soos versnit wyn!). Sekerlik beter as 'n mineraal olie maar nie beter as 100% sinteties nie. Ek sou dink 'n 100% sintetiese olie sou 'n beter opsie wees? Wel duurder. Tweedens wat die coolant aanbetref, ja die ou dae se water plus antivries wat net bygegooi word is lankal verby, weereens beter om die voorafgemengde goed te koop, die goed is sonder enige onsuiwerhede en is gewoonlik ontwerp om baie beter hitte oordrag te gee. Met die dat jy nou weet hoe moeilik dit is om onderdele vir daai Ford te kry sou ek vir die beste olie en coolant opsie gaan, beide kan net goed wees vir die herboude turbo se lewensverwagting?
Die Ford ST ...
Ek het olie, olie filter en coolant gekry, dit is ook al wat nodig is vir die 165,000km diens.
Ek het 100% sintetiese olie gesoek maar kry nie wat die hanleiding van die Ford sê nie, nl. 15W-40. Wat ek kon kry is dié

Dit is beslis nie wat ek jare terug betaal het nie. 7L olie = R628. 10L Radicool = R753.
Grootwind ...
100% sinteties
Wat sal jy sê moet ek kry naaste aan 15W-40 wat 100% is ?
Willem, Sinteties is die…
Willem, Sinteties is die Rolls Royce van olies, maar ek gebruik ook die Helix HX7. Wat ek moet noem, is dat ek enjin olie en filter elke 5000km verang, met Sinteties kan jy dit langer uitrek, maar my kilos per jaar is te laag om dit te regverdig.
So klomp jare gelede koop ek n Range Rover Vogue vir boot sleep. Doen die enjin oor, en sit vol sinteties in nadat dit ingeloop is. Merk op dat die oliedruk nou styg, en wonder wat aangaan. Vervang die filter, en dit is net n paar kilometer en dit styg weer. Wat die oorsaak was, is dat die enjin oorspronklik met normale olie gerwerk het, en so lagie plaak op die binnekant vasgepak het, amper soos n lagie vernis, Vol sinteties is n baie sterk wat genoem word "detergent" olie, en verhoed die soort aanpaksel. Dit het my n aardige bedrag aan gereelde olie en filters ruil gekos voordat dit opgeklaar het. So loer maar op die olie wat jy tot dusver gebruik het of dit wel n "detergent" olie was.
Herman, Sinteties ...
Die olie was nog altyd deur Ford agente geruil so ek weet nie. Die Aurinia Ford wat die laaste olie geruil het, het ek ook gevra en hulle het net vir my gesê hulle gebruik 5W-30 op almal. Maar my boekie sê 15W-40 en die Territory groepe het gesê ek moet die HX7 gebruik, maar HX7, 15W-40 is nie hier beskikbaar nie. Ek het Shell self gebel maar die dame het gekla hulle stelsel is traag en het al my en die ST se info gevat en gesê sy sal my terug skakel 🤷♂️ ek wag steeds, sy sou kyk wat Ford aanbeveel en my sê watter Shell is die regte. Die ST se olie ruil is elke 15,000km.
Olie spesifikasie
Môre Willem
Volgens my Hilux boekie beskrywing moet jy die syfers as volg interpreteer;
Byvoorbeeld, 5W-30 toon die syfer voor die W toon hoe maklik die kar aanskakel in koue toestande. 5W nodig as jy in temperature van laer as -18C werk. 10W vanaf -18C opwaarts.
Die 30 is aanduiding van viskositeit. Hoe groter die syfer hoe beter vir hoê spoed of swaar diens.
Ek dink jy moet 'n olie soek wat ten minste die 40 viskositeit het, en nie fokus op die syfer voor die W nie. Dus daai Shell Helix 10W-40 lyk vir my aanvaarbaar.
Willem 17 Maart
Hello Willem
Volgens jou inset op 17 Maart, lyk dit dan asof jy wel Shell Helix 15W-40 opgespoor het. Dit vergelyk mos dan presies met wat Ford jou vertel het.
Die Ford ST ...
Ek begin nou baie opgewonde raak want ek het vanoggend die turbo gaan haal en dit lyk soos 'n splinter nuwe een. Môre help my skoonseun en Eddie om als terug te sit. 🤞



Fantastiese nuus Willem..........
Daardie turbo lyk wraggies soos 'n splinternuwe een.
Sterkte met die installasie-proses.
Ns. Ek aanvaar jy sal as handlanger optree.
Wessel ?? bril afgehaal ??…
Wessel ?? bril afgehaal ?? Jou ou yster!!
Met of sonder bril...
Middag Herman, Willem
Herman: Jy sal opmerk, met 'n bril dat Willem se inset op 17 Maart om 8h24 wel melding maak van Helix 15W-40. Later dieselfde dag om 16h10 skryf Willem egter dat hy dit nie kon kry nie.
Soms het my bril 'n vetkol op, of my begriplees is laag, maar ek het dan sy 1ste inskrywing verkeerd gelees/interpreteer![]()
Ek wonder................
.............hoe vorder die technici daar in Daspoort met die Terry-operasie. Ek hoop hulle het genoeg "olie" in die yskas om gesmeer te bly.





Betyds vir julle Dinokeng trippie
Dis goeie nuus! En dis betyds om vol te maak voor die grootste brandstof prys styging ooit (soos voorspel word deur die AA).