Ek deel graag die resep met julle. Met sekere kampe wil ek net rustig wees die Sondag as ek tuis kom na die kamp en dan is daar nie nog tyd vir kos koop of maak.
Hierdie pot is lekker vinnig en ek maak hom so 11:00 op ‘n Sondag sodat ons 12:00 kan eet en dan is die hele kos maak by die huis ook uitgesort dit rek ook so bietjie jou kamp tyd uit as die oord nie streng is op vertrek tyd.
Resep:
8 Klein hoender dye
1 groot ui opgesny
1 liter appelkoos sap
1 pakkie gekerfde mushrooms
1 pakkie klein mielies
4 klein soet wortels geskil en gekerf
250ml Room
1 eet lepel olie
Hoender speserye
Gooi speserye oor hoender en verhit olie in pot.
Braai hoender en ui tot hoender goud bruin is skep meeste olie af en voeg sap, wortels en mielies by kook 20 minute.
Voeg mushrooms en room by en laat pot prut tot sous verdik het.
Geniet saam met vars boord rolletjies of potbrood.
Sorg dat jy opgepak het voor jy eet😄
Oooh dit klink baie lekker. …
Oooh dit klink baie lekker.
Dankie Hakaf! 
Hy sal doen
Die resep van jou Hakaf sal loop en lekke vinnig
Dit klink lekker !
Dit klink lekker !
Plesier julle moet dit maak…
Plesier julle moet dit maak en laat weet hoe proe hy.
julle moet dit maak en laat…
Ek gaan dit beslis maak!
Is mal oor 'n soeterige hoender pot. Ek maak myne ook amper so, maar lief om mango sap in te gooi, of 'n blik gesnyde perskes.
Ons is juis so lief om…
Ons is juis so lief om Woensdae potjie te maak, dankie vir die deel Hakaf👍